Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

BoereKosTwist Vadersdag kompetisie 2018

Table of Contents

Wen ‘n wonderlike geskenkpak van BoereKosTwist produkte reeks, asook ‘n Mason Cash mengbakstel van The Orejen shop in Linden, Johannesburg. Jan Braai se Shisanyama kookboek. Baie dankie ook aan My Finerthings vir die grafering van die BoereKosTwist produkte reeks

Gebruik die resep wat verskaf word en sit jou eie kinkel op die gereg vir Vadersdag. Plaas dan ‘n foto met ‘n beskrywing van hoe jy die resep verander het by hierdie skakel wat op sosiale media geplaas is onder comments. Die wenner word Sondagaand om 21h00 aangekondig. Orejen shop sal die wenner van die geskenkpak kies.

Kom ek gee so paar idees: Onthou as jy “Blonde” bruintjies wil maak om die kakao met gelyke dele mielieblom te vervang….al gedink aan ‘n ander vorm? Dalk ‘n ander kleur…gemarmer? Wat van lagies…kom ek wil sien wat jy kinkel…selfs geur kan verander word.

KOEK
300 g botter of Rama of Stork bake
380 ml strooisuiker
400 g donker bak sjokolade
6 ekstra groot eiers
10 ml vanielje geursel
2 kop koekmeel – gesif
1 kop pekan neute – grof gekap

METODE
1. Voorverhit oond tot 180 ˚ C.

2.Voer ‘n bakplaat met waspapier uit en spuit met kos sproei.
‘n Lang werpige pyrex bak van so 19 x 30cm sal werk of 2 vierkantige koekpanne.

3. Smelt botter, strooisuiker en sjokolade in kastrol oor lae hitte totdat die suiker opgelos is.

4. Verwyder kastrol van hitte en klits eiers en vanielje geursel by.

5. Voeg die koekmeel by en roer goed deur.

6. Gooi neute by en roer deur.

7. Gooi mengsel in bakplaat en bak vir 25 – 30 minute.

8. Laat afkoel terwyl jy die fugde maak.

FUDGE BOLAAG
50 g botter
30 ml water
50 ml strooisuiker
250 ml versiersuiker – gesif en klonte fyn gedruk
30 ml kakao poeier

METODE
1. Smelt botter, water en strooisuiker in ‘n kastrol totdat die suiker opgelos is.

2. Sif versiersuiker en kakao saam.

3. Klop die versiersuiker en kakao by die botter mengsel in.

4. Smeer dadelik op die lou koek.

5. Laat set en sny in skywe.

PORSIES: 20 repies afhangende van hoe jy kies om te sny.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “BoereKosTwist Vadersdag kompetisie 2018”

  1. kathybecker27

    Game ON !!!Ek gaan mooi kyk waarop kan ek kinkel …dink my kinkel begin met die lettertjie V, vir Vadersdag verander en die een bestanddeel na n ander !

  2. Annelien

    Wonderlik, ek kan nie wag om te sien wat julle maak.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!