Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Tuisgemaakte Pasta, maklik en vinnig!

Table of Contents

Na aanleiding van die Boerekos met ‘n Twist TV reeks, op VIA, kanaal 147, episode 5 is daar verseker meer bewustheid rakende steengemaalde meel en die gesondheidsvoordele daaraan verbonde. Maak die belegging en gaan oor na steengemaalde produkte. Hoekom? Lees gerus die onderstaande skakel rakende die feite en mites oor gluten allergie en -sensitiwiteit. Steengemaalde meel vs Kommersiele meel

‘n Ekstra resep vir julle: Volkoring pasta

Pasta resep
As jy bietjie meer kreatief wil wees met pasta dan is hierdie die resep vir jou. Ek leer jou om pasta te maak en daarna word dit gebak of gediepvet braai. Soveel keuses en soveel disse.

350g steengemaalde koekmeel
3 heel eiers
1 eiergeel
45ml water
Pasta roller of Koekroller

Plaas koekmeel in mengbak en maak holte in die middel. Voeg die eiers en water in die holte en werk die meel in die water in met vingerpunte. Knie deeg vir 5 minute tot glad en bedek. Laat die deeg vir 30 minute rus. Sodoende sal die deeg makliker hanteer en mooi uitrol.

Rol van pasta deeg. Maak seker dat jy te alle tye genoeg meel beskikbaar het om die deeg mee droog te hou. As die deeg te nat is sal dit in die roller vas steek. Rol deeg met pasta roller tot op stelling 2. Laat die deeg effens uitdroog aan beide kante indien jy verkies om deeg in tagliatelle of spaghetti te sny. As die deeg te nat is, sal dit in die roller vas sit. Rol deeg met koekroller tot ongeveer 3mm dik. Sprinkel met meel en hang op om te droog of kook dadelik in kokende gesoute, olie water.

Spinasie variasie: onthou in die program het ek gewys hoe om spinasie te verwerk sodoende die vesels kort te kry en ‘n gladde puree te maak. Plaas die spinasie in ‘n stukkie kaasdoek en draai baie styf in ‘n bonder op sodat die water uit sypel. Hierdie vog vang jy op om die pasta mee te kleur in die plek van die water. Jy kan ook die puree net so in die pasta mengsel in knie indien verkies. Dan gaan jy die water uitlaat en ‘n kwart koppie puree byvoeg.

Laminering van pasta met kruie soos basillie kruid: Rol die deeg uit tot op stelling nommer twee en plaas blare sonder die harde stingels en are op die deeg. Vou die deeg toe en rol so dik as wat jy sou verkies. Ons as gesin geniet hierdie pasta deur dit in vlak olie te braai sodat die blare se geure in die deeg versprei. Dan sprinkel ek Groente sout (Boerekos met ‘n Twist kookboek) bo-oor en geniet dit as vinger happie.

Pasta sous
500 g tamaties, blansjeer, skille verwyder, gekap
1 groot ui, gekap
50 ml olyf olie
125 ml asyn
125 ml wit of bruinsuiker na keuse
½ t kerrie poeier of garam masala
½ t gemmer
½ t dill tippies
1 e mielieblom
50 ml water

Sout en peper na smaak
Braai ui in olyfolie tot glansend. Voeg die gekapte tamaties, asyn, suiker, gemmer, dill tippies, by en kook vir 15 minute tot tamaties sag is. Meng mielieblom met water en voeg by die kokende tamaties. Kook vir 5 minute tot verdik. Sout en peper na smaak. Ekstra sous kan gevries word of in yskas gehou word vir pasta ens.

 

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

6 Replies to “Tuisgemaakte Pasta, maklik en vinnig!”

  1. veronv

    Dankie DANKIE😜

  2. Annelien

    Groot plesier

  3. sonjazino

    Annelien, ek het al pasta self gemaak en as ek dit in water kook dan is daar n vrag stysel afsaksel…moet dit so wees?🌹

  4. Annelien

    As dit net die fyn meel is wat van die rol is wat af kom dan is dit korrek…maar as die pasta self disintegreer is daar probleme met jou meel. Gebruik steengemaalde meel waarvan die proteininhoud gewoonlik nie aan geknoei is. Groete Annelien

  5. Wynand

    Ek het google probeer maar kry nie wat “dill tippies” is nie.

  6. Annelien

    Wynand, dit is die fyn blaartjies van dill.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!