Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Boererate en Gemmer

Table of Contents

Boererate en Gemmer!

Vandag is ek nie regtig lus vir resepte nie…ek wil bietjie van my Boererate deel om die winter met verkoue en griep die hoof te bied.

Het jy geweet…dat gemmer een van moeder natuur se kragtigste anti-oksidante en ontgifters is? Ontgif is eintlik so ‘n mooi woord vir “detoxify”…ja die gebruik van vars gemmer is vir winter tye onontbeerlik. Nou kom ek vertel julle die storie van hoe ek by gemmer uitgekom het.

My vriendin,  Naceema  se boetie was ‘n mediese dokter en die het in alternatiewe medikasie spesialiseer. So het ek deur Naceema geleer om deur kos myself gesond te eet. Een winter leer sy my van die trek van ‘n gemmer tee om die liggaam te ontgif en ook teen sekondêre infeksies te baklei. So hou ek aan om die detox ding te doen so ook in die somer. Op ‘n stadium bel ek haar een Desember en vertel haar ek dink ek gaan nou in my oorgangsjare in. Ek dooi van die hitte uitslag. Sy begin vragies te vra en begin toe te lag. Sy lag so, sy vra om my terug te bel. Ek sit en wag.

Naceema bel my terug en hoes nog van die lag. “My dear, for detoxing in summer time you must use the Menthol families, not ginger. Ginger makes you hot and Menthol plants not…ment will cool you down!”

Wel hierna lag ons gereeld oor my oops!

Die tee resep:
1 k kook water
1 duim lengte gemmer…so 3cm ongeskil (vir somer tye: Mentblare…druk die koppie half vol met blare)
1 t rou heuning (opsioneel) ek sit net by vir my kinders.

Giet die kookwater oor die gemmer en laat 10 minute staan, dreineer en voeg heuning by. Drink 3x per dag as jy begin siek word en 1 x per dag as die winter gogga’s hul kop uitsteek.

Groete en mag julle ‘n gesonder winter beleef! Begin betyds die imminuteit te boost en onthou…gaan sien die dokter as die simptome vererger. Hierdie raad is om te voorkom, nie te genees.

Annelien

Foto krediet: Hanneri de Wet fotografie, vir die BKT kookboek.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

10 Replies to “Boererate en Gemmer”

  1. Sarie Marais

    Danki vir d resep ek e my man drink in d oggende vars lemmetjie se sap hy rasper d skil e rooibos tee baie lekker

  2. Annelien

    Ah, sommer baie bly julle leef so gesond. Geniet. Groete Annelien

  3. Thelma Lochner

    Annelien hi.. vir hoe lank moet n mens die gemmer tee drink om te voorkom dat die winter Kieme begin pla asb

  4. Annelien

    So drie weke voor winter begin

  5. Annamarie Bezuidenhout

    Hallo Annalien

    Ek het inflammasie agv Lupus en Reumatoide arthritis.

    Sal die gemmertee help vir dit?

    Baie dankie

  6. Annelien

    Hallo Annamarie, ek is nie in die medieseveld gekwalifiseer nie. Dus dra ek nie kennis van of die gemmertee sal help. Groete Annelien

  7. Martie Pienaar

    Annalien..as ek nie vars femmer het nie..mag ek die gemmerspesery gebruik? Vra maar net

  8. Annelien

    Jy kan gedroogde gemmer gebruik in ‘n derde mate as die vars omdat dit so gekonsentreerd is.

  9. Tineke Brookes

    Hi Annelien. Het jy dalk n boereraat vir hitte uitslag en hoe om dit te hanteer as mens byvoorbeeld in n voertuig klim wat baie warm is of ook nie lugverkoeling het nie. Ek sweet erg in my gesig en arms en slaan rooi blaserige knoppies op my arms gesig bors nek. Ek weet jy doen nie mediese goed nie maar dalk n boereraat?

  10. Annelien

    Tineke, jong dit is n storie. Jare gelede toe ons ‘n trek vir iemand op ry na Zimbabwe het ek ook uit nood altyd ‘n nat handdoekie saamm gery en dan om my nek gehang om die hitte te blus. Ek sal in my velsorg klas loer watter een van my salfies wel kan werk en sal dit dan op die subskripsie resepte laai. Groete A

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 1
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!