Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Brandewyn tert…Malvapoeding…wat is in ‘n naam!

Table of Contents

Daar is tydig en ontydig ‘n stryery in my familie wat is nou die ware Jakob. Malvapoeding met brandewyn of sonder brandewyn…of is ‘n Brandewyn tert nie ook ‘n Malvapoeding nie? Ja, lag ek stilweg, want julle eet in elk geval alles op sonder om te kla. Hierdie resep is heerlik klam, vries ongelooflik goed en ‘n ware rand rekker as dit moet.

200 g (1 k) sagte bruinsuiker (treacle sugar)
1 eier
15 ml (1 e) botter
60 ml (4 e) appelkoos konfyt
140 g (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) koeksoda
knippie sout
250 ml (1 k) Ideal melk of room of kombinasie
15 ml (1 e) wit asyn
5 ml (1 t) vanielje geursel

Voorverhit oond na 180 C en berei ‘n langwerpige pan voor van 19 cm x 15 cm.

Klits botter, suiker, eier en appelkoos konfyt saam tot baie lig en romerig.

Sif die koekmeel, koeksoda en sout saam.

Meng al die vloeistowwe saam.

Meng die mengsels om die beurt met mekaar.

Bak by 180 ˚ C vir 30 minute.

Stroop
500 ml (2 k) Ideal melk of room of melk of kombinasie
115 g (½ k) botter
125 ml (½ k) bruinsuiker
60 ml (4 e) warm water

Verhit al die bestanddele saam en gooi warm oor die pas gebakte koek. Die koek mag nie afkoel nie dit moet dadelik met die stroop bedruip word.

Variasies: Voeg by sous 4 e brandewyn of Amarula, Cape Velvet of geur van jou keuse.

Sluit gratis aan by die https://www.facebook.com/groups/boerekostwist

Bron: Annelien Pienaar, 2011

Porsies: 6

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (6)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Brandewyn tert…Malvapoeding…wat is in ‘n naam!”

  1. aquavan1

    Annelien, Kan ek die malvapoeding net so verdubbel? Die sous seker net so plus net die helfte? Moet groot bak maak vir vadersdag! Baie dankie

  2. Annelien

    Jy moet alles verdubbel anders is die poeding koekerig en droog binne. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!