Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Krakerige Koolslaai

Table of Contents

Vandag was ‘n dag vol verrassings. Ek het hierdie slaai die eerste keer by my Duitse skoonsus geëet jare gelede. So het ek die resep by haar gekry en soos die jare verby gegaan het, het ek nie dit in ‘n harde kopie aangeteken nie en die papiertjie het verlore geraak. Ek het maar so op gevoel die slaai gemaak maar daar was altyd ietsie kort. Vandag toe ek my rekenaar aansit kry ek ‘n FB inbus van Charmaine Louw met die presiese resep soos wat Christa dit vir my gegee het! Tot op die woord en letter presies net so! Baie dankie Charmaine vir die resep.

Ek kan julle verseker dat hierdie slaai voorwaar ‘n treffer is. Hierdie is ‘n slaai wat niks van oorbly nie, dit word vinnig opgeraap! Die slaai word net voor opdiening aan mekaar gesit en die slaaisous op die laaste minuut oor gegooi. Hierdie is ‘n resep wat regtig bewaar moet word. Soms sit ek bietjie feta by vir variasie of bokmelk kaas…lekker speel en geniet!

VARS SLAAI
2 Klein groen kooltjies – fyn gekap
1 Ui of sprietui – fyn gekap
1 Bakkie mangetout – fyn gekap  (sien foto)
1 Seldery stingel – opsioneel
½ k Koljanderblare of pietersielie na smaak – gekap

METODE
1. Meng al die bestaddele saam.

KRAKERIGE LAAG
100g Amandelvlokkies of neute van keuse
1 Pakkie 2 min noedels (hoendergeur)
125 ml Sonneblomsaad
100 ml Sesamsaad

Plaas al die bestanddele in ‘n kleef vrye pan en rooster die amandels, noedels wat jy grof breek met die hand, sesamsaad en sonneblomsaad saam totdat die amandels begin verkleur.

Gooi die bestanddele dadelik uit in ‘n aparte bakkie, anders gaan die amandels brand.

SOUS
125 ml Olie
65 ml Sagte bruinsuiker
65 ml Wit asyn (ek gebruik wit balsamiese asyn as dit invoorraad is)
15 ml Sojasous
5 ml Hoendergeursel (wat in pakkie was) – opgelos in 15 ml kookwater

Meng die olie, bruin suiker, asyn, soja sous en hoender aftreksel saam.

Net voor opdiening word die slaai netjies op ‘n plat slaai bak oopgestrooi. Daarna volg die krakerige neute en dan die sous. Onthou hierdie is nie ‘n slaai wat kan oorstaan tot die volgende dag nie. Die pasta gaan pap word.

HOEVEELHEID: 6 – 8 persone.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (3)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

8 Replies to “Krakerige Koolslaai”

  1. Helena Makinen

    Wat is mangetout? Ek het na die foto gekyk en weet steeds nie wat dit is nie. Is dit snap peas? Gisteraand het ek so gelag want Google is totaal deurmekaar. Toe ek op die Engelse vlag druk, sê hulle dat ek ‘n pickup nodig het. Toe ek vir Google translate vra is hulle antwoord dat ek alles moet eet. Jy’t gesê dat daar niks gaan oorbly nie, en nou vertel Google vir my dat ek alles moet op eet. 🙂

  2. Annelien

    Ja dit is snap peas. Aai vrou…ek lag ook want die tale is soms ‘n konsternasie. Liefde Annelien

  3. Sonette Vermaak

    Ek het verlede week hierdie slaai gemaak. Jy is reg – dis ‘n treffer!!! Daar het niks oorgebly nie. Dis baie baie lekker!! Ek geniet jou resepte en die nuusbrief. Dit voel of jy al ‘n vriendin is! Groete, Sonetté

  4. Annelien

    Hallo Sonet, saam met BKT is ons vriende vir altyd. Mag jy die tye met BKT se resepte sommer baie geniet. Groete Annelien

  5. Anne-Marie Fourie

    Hi Annelie, die klein kooltjies, hoeveel is dit in maat omtrent, want hier moet ons vat wat ons kry in Namibië, g’n niks keuses nie.

  6. Annelien

    Anne-Marie, jy kan so 2 kleintjies kry. Groete Annelien

  7. Wilna Annandale

    Hallo Annelien met wat kan ek die kits noodels en hulle sous vervang om dit gluten free en nog lekker te maak of kan ek dit net uitlos. Groete Wilna

  8. Annelien

    Jy kan rys noedels net diepvet braai vir dieselfde doel. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!