Seepmakery en Velsorg Produkte Werkswinkel 8 Maart 2025
Werkswinkel
R3,500.00
Jy kan verwag om ‘n gepakte werkswinkel te doen tov Seep makery en Velsorg produkte. Baie van die tegnieke en bestanddele oorvleuel en omdat die jaar so vinnig verby gesnel het, het ek dit goed gedink om ‘n gekombineerde klas te doen met die twee onderwerpe. So wat kan jy verwag?
Seepmakery is ‘n eeue oue tradisie en vir my is dit iets wat ek probeer lewendig hou vir my kinders en ook die nageslag wat kom. Vandat ek kan onthou is ek besig met kruie, speserye en probeer volhoubaar leef. Ek het groot geword met die kook (warm proses) van seep en later jare my ma se invloed met kruie en speserye in haar seep my eie gemaak. My dogtertjie is gebore met erge vel probleme en ek het begin om terug te gaan na wat my ma my geleer het. Maak self! Geen preserveermiddels, gebruik wat moeder natuur vir ons gee en preserveer op die natuurlike manier. Seep is ‘n produk van vette wat verwerk word en ons kan 100% dierlike vette gebruik of vegan gaan deur net plant olies en botters te gebruik. Seep sal ons maak.
Wat kan jy tydens die klas verwag?
1. Bespreking van teorie oor Koue proses en Warm proses seep. Veiligheid eerste!
2. Seep formules
3. Bestanddele indiepte: olies, botters, essensiele olies, preservering op ‘n natuurlike manier
4. Prakties, maak van:
a. Koue proses seep met net plantaardige olies vir sensitiewe velle met vit E en lanolien.
b. Warm proses seep met dierlike vet en kombinasie plantolies, ‘n skrop seep vir voete en hande as jy lief is vir tuin maak of growwe werk en daardie ekstra bevogtiger nodig het…selfs vir linne was!
5. Hantering van foute by seepmakery
6. Sny, veroudering en verpakking van seep.
Velsorg reeks
I am passionate about the topic of sustainable, preservative- and colorant free skin products. My mum was an avid reader, researcher with regards to the science and healing properties of certain oils, butters, herbs and spices. She taught me all I know of this topic. In my field of studies chemistry was the back bone and with science in my pocket I started formulating skin butters, healing salves, ointments and a vast range of formulas for my family and friends.
During this class you will learn:
1. Butters and oils
2. Natural preservatives like Vit E
3. The lingo and SAFETY!
4. Herbs and spices, infusions, essential oils
5. Equipment and resources.
6. You will be making: a healing salve of choice, facial cream or whipped body butter and foaming body sugar scrub, gua cha oil. You will receive recipes for all. (You will be making 2 of the 4). There will also be bonus recipes!
7. After this class you will have the basics in place to produce not just the formulas in point 6, but creating your own skin care range.
8. You receive a full manual with 30 pages filled with recipes and so much more!
Waarde vir my geld? Jy ontvang in die klas:
1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
2. Alle bestanddele vir klas en verpakking ingesluit.
3. Alle nota’s is ingesluit.
4. Epos adres indien jy wil kontak maak: bktklasse2022@gmail.com
Venue en tyd:
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).
Alle klasse begin om 09h00.
Parkering
Hekke open om 08h45.
Draai dadelik links by die eerste ingang. Hou links by die vurk en dan reguit aan met die paadjie en parkeer onder die bome agter die Ateljee.
Stap met die kronkel paadjie na regs by die afdakke…ek wag vir jou met heerlike Boeretroos en beskuit!
6 in stock


Reviews
There are no reviews yet.