Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Geskenke uit jou Koskas Werkswinkel 14 Desember 2024

Werkswinkel

R950.00

Geskenke-uit-jou-koskas is hierdie jaar 17 jaar oud. Die konsep het ontstaan vanuit my eie huis en ‘n baie spesiale kas wat elke maand die afgelope 29 jaar van getroud wees, aangevul word met tuisgemaakte produkte soos bottel en bêre items: groente, vrugte, beremengsels, lekkers, soute, gedroogde produkte, boerseep en alle variasies daarvan, velsorg produkte met essensiele olies te kus en keur, handgemaakte items soos voorskote, loop slopies, vatlappies en alles wat mens van kan. Ek is ʼn hopeloos as dit by gee kom..die kas vlieg oop en jy stap weg met berge persente want dit is lekker om iemand te kan bederf. Graag deel ek elke jaar unieke en oulike idees wat jy huis toe neem om ander ook mee te bederf.

 

Wat kan jy verwag?

  1. Gedroogde vrugte pakkies.
  2. Toor salf vir wonde en insek byte.. Badsout met ʼn kinkel met ʼn essensiele olie praatjie daarmee saam.
  3. Fermented drankies onder bespreking en demo…jy proe heerlik saam.
  4. Koekies, sjokolade stukke, sjokolade fudge en verpakking saam met Cricut SA se nuutste produkte, Joy en Maker
  5. Bêre mengsels: Koekies vir Kersboom kuiertjies
  6. Charcuterie en kaasbord idees vir voorgereg en uitpak vir groter hoeveelheid mense
  7. Organiese invryf soute met vars kruie uit my plaas groente tuine: Jy maak jou eie kombinasie met al die bestanddele beskikbaar.

Jy neem ʼn wye verskeidenheid van hierdie items wat gelys is huis toe vir die hele gesin om saam te geniet. Hierdie is ʼn semi demonstrasie en saam-doen klas. Ons eet heerlik saam na afloop van die klas!

Alle klasse begin  om 09h00.

Parkering
Hekke open om 08h45. Draai dadelik links by die eerste ingang. Hou links by die vurk en dan reguit aan met die paadjie en parkeer onder die bome agter die Ateljee. Stap met die kronkel paadjie na regs by die afdakke…ek wag vir jou met heerlike Boeretroos en beskuit!

Groete

Annelien Pienaar

11 in stock

Category:
SHARE
Reviews (0)

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Geskenke uit jou Koskas Werkswinkel 14 Desember 2024”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP

Geskenke uit jou Koskas Werkswinkel 14 Desember 2024

R950.00

11 in stock

You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Added to wishlist! VIEW WISHLIST
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!