Hierdie webtuiste word vertaal van Engels na Afrikaans, en daar mag nog Engelse dele wees. Dankie vir die geduld met die proses!

Kondensmelk brood

Table of Contents

Jare gelede het ons sulke super sagte en amper soet brood gekry met puntjies na bo gerys. Vandag spot ons nog oor die “kat tepeltjies” brood. Hierdie is my weergawe van daardie murg sagte brood.

500 g (2 k) melk, kamertemperatuur
175 g (1/2 k) kondensmelk
2 groot eiers (large)
10 g (2 t) kits gis
10 ml sout
50 g (1/4 k) witsuiker
980 g (7 k) koekmeel
115 g (1/2 k) botter

Meng melk, kondensmelk en eier saam. Sif die gis, sout, suiker en koekmeel saam. Maak ‘n holte in die meel en voeg die melkmengsel by en knie liggies totdat die deeg bymekaar kom. Voeg die botter by en druk die deeg met vingers sodat die botter goed meng. Die deeg sal in stukke breek maar hoe meer dit per hand gewerk word, hoe meer sal die deeg weer een massa vorm.

Laat die deeg vir ‘n uur rus om goed uit te rys. Onthou hierdie deeg is hoog in verrykte bestanddele so die deeg gaan swaar wees en ‘n wyle neem om volume te kry en te rys. Wees geduldig met die eerste rys proses.

Sodra die deeg verdubbel het in volume, keer op die werks oppervlakte uit en deel in vier dele. Rol elke deel soos ‘n rolkoek uit, langwerpig ongeveer ‘n liniaal lengte en breedte en rol op. Rus die deeg vir 5 min.

Sny elke rol in 7 stukke en pak dan in vooraf bereide “half loaf” of piesang brood pannetjies. Of panne van jou keuse. Pak die skywe regop met die ronding na bo in die pan. Laat die deeg weer verdubbel in volume vir ongeveer ‘n uur. Kyk baie mooi na hoe hoog die deeg is in die pan, maak ‘n merkie met meel waar die deeg moet wees as dit verdubbel het. So kan jy nooit onseker wees of die deeg genoeg gerys het. Verder as jy die deeg met jou vinger sou toets, druk met jou voorvinger in die deeg in…as die deeg terug spring en die duik toe maak, is die deeg nie reg. As die deeg terug spring en ‘n effense duik toon is dit gereed. As die duik nie beweeg het jy te veel gerys en moet die deeg weer gevorm word.

Voor verhit oond in hierdie tyd na 180 C. Sodra die brood genoegsaam gerys het, neem ‘n lemmetjie en sny presiess in die helfte oor die lengte van die brood ten minste 2 cm diep. Neem dan ‘n sker en teen ‘n 45 grade hoek, gee op elk een van die 7 rolle weerskante knippies. Hierdie sal die tepeltjie effek gee.

Bak die brood teen 180 C vir 40 minute. Sodra die brood uit die oond kom verf die glans laag oor.

Glans laag
50 ml botter
50 ml kondensmelk

Smelt die bestanddele saam.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar Des 2020
Hoeveelheid: Lewer 4 piesangbrood grootte brode of 2 lang standdaard brode. Baktyd vir die groter brode gaan na 60 minute verleng.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmarkClose
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Kondensmelk brood”

  1. Nakkie Maartens

    Middag Annalien – EÄ· will net graag weet omtrent die kondensmelkbrood, Jan hy bruin wees as mens semels byvoeg en kan die brood gevries word?

    Dankie
    Nakkie Maartens

  2. Annelien

    Jy kan met hartelus met helfte bruin meel vervang en gebak vries dit baie goed. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmarkClose

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Hi Twisters!

Welcome to the brand new website! To help you find you feet, we have added a short introductory video for you. Please have a look below before closing this window to help you get the most out of your BKT web experience.

Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!