Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Verf op Gebak klas 29 November 2024

Werkswinkel

R1,850.00

Eetbare verf klas

Ek het ‘n groot liefde vir Verftegnieke soos Waterverf, Olie- en Akriel en oor die jare ook hierdie tegnieke oorgedra na Fyngebak soos Macarons, Meringues, Fondant, Royal versiersel en ook Botterversiersel met Eetbare mediums. Die opsies vir verf met Voedsel kleursels is legio. Die natrek van ontwerpe kan op ‘n verskeidenheid maniere gedoen word en dit word ook tydens klas hanteer soos eetbare natrek papier self maak, klein elektroniese projektors en selfs jou foon kan ingespan word. Dus, hierdie klas is vir diegene wat wil waag en leer verf met Voedsel veilige kleursels op eetbare oppervlaktes.

Ons werk tydens die klas met verskillende eetbare mediums soos Concentrated gels, Gels en dan poeier kleursels. Ons kyk na hoe mens hierdie mediums kan gebruik op verskillende oppervlaktes sodat dit nie bloei of meringues of macarons pap maak,  hoe om die verfwerk waterdig te maak en ook self jou eie gels te maak van die poeier kleursels. Dus, is hierdie ‘n lekker tegniese klas en word in samewerking met Rolkem SA gedoen. Die kleurwiel word ook hier hanteer om met eenvoudige primere kleure jou eie kleure kombinasies te bou.

Is die klas vir jou? As jy ‘n pen kan vashou en skryf, kan jy verseker die kuns baasraak.

Wat is ingesluit in die klas? Jy ontvang ‘n stel mediums ter waarde van R850. Jy sal met hierdie stel werk tydens die klas. Jy sal ook ontvang oppervlaktes om op te werk vir jou kunswerke. Daar sal eetbare en nie eetbare oppervlaktes wees. Etes en drinke ingesluit.

Venue en tyd:
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).

Alle klasse begin  om 09h00.

Parkering
Hekke open om 08h45.

Draai dadelik links by die eerste ingang. Hou links by die vurk en dan reguit aan met die paadjie en parkeer onder die bome agter die Ateljee.

Stap met die kronkel paadjie na regs by die afdakke…ek wag vir jou met heerlike Boeretroos en beskuit!

Groete

Annelien Pienaar

4 in stock

Category:
SHARE
Reviews (0)

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Verf op Gebak klas 29 November 2024”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP

Verf op Gebak klas 29 November 2024

R1,850.00

4 in stock

You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 1
Added to wishlist! VIEW WISHLIST
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!