Fermented Foods en Gut health gaan hand aan hand en daar is soveel wat ons nie weet rondom hierdie onderwerp. Watter tipe vesels ons nodig het, watter tipe bakterie en giste is nodig vir goeie spysvertering, absorpsie van nutriente en algehele gesondheid. Ons is wat ons eet…iets wat ons so baie hoor, maar neem ons dit regtig ter harte? Hoeveel aanvullers word daar op spandeeer elke maand, maagsuur teenmiddels wat vervang kan word met goeie pro-, pre- en post biotika. In hierdie “hands-on” klas kan jy self op jou eie kundig die reis vir goeie intestinale gesondheid verder neem. Konsentrasie probleme, vel probleme, verterings probleme, allergiee….alles stam van ons tipe kos af. Ons kan onsself gesond eet.
Fermented Foods and Gut Health Donderdag: 24 Julie 2025; 09h00-14h00
Original price was: R2,500.00.R1,750.00Current price is: R1,750.00.-30% OFF
Die onderwerpe waaraan ons raak vir hierdie klas is:
Sauerkraut
Kimchi
Tobasco
Kombucha
Kefir
Appel asyn
Watter tipe houers is geskik om tuis te fermenteer.
Veiligheid en Higiene vir gesonde produkte en vele meer. Jy is welkom om ook vooraf te epos sou jy meer wou weet of iets by die klas voeg ter bespreking.
Venue: Bos en Berg guestfarm, S43, Skeerpoort, Hartbeespoortdam NIE Berg en Bos, jy sal Rustenburg in die boendoes eindig…maak seker Tannie Goegleloer gooi jou bewoording nie om en krom!
Tyd: 09h00 tot 14h00
Ingesluit: Ligte verversings, resepte gedruk, bestanddele
Kontak my asb by boerekostwist@gmail.com nadat jy jou klas bespreek het vir die kontak om outentieke Fermentasie produkte aan te koop. Jy kan dan tydens die klas met jou houer(s) dan self werk.
6 in stock


Reviews
There are no reviews yet.