Suurdeeg Werkswinkel Saterdag: 12 Julie 2025: 09h00-16h00
Werkswinkel
Original price was: R2,500.00.R1,750.00Current price is: R1,750.00.-30% OFF
Bos en Berg Gasteplaas, R560 road, Skeerpoort, 0232 (oorkant Laerskool Skeerpoort) Oppas dat Google of Wayz jou nie na Berg en Bos neem want dit is in Rustenburg!!!
Nuwe Suurdeeg Werkswinkel
Suurdeeg is ’n ou manier waarop brood laat rys het en dit dra by tot goeie gesondheid deur jou dermmikrobiome gesond te hou. ’n Gesonde maag beteken gesonde breinkos en beter geestesgesondheid!
Ek is passievol oor Suurdeeg! Ek werk al meer as 30 jaar met Suurdeeg en oor die jare het ek tot die gevolgtrekking gekom dat Suurdeeg die manier is waarop ons ons families en vriende moet voed. Brood is gesond, en gluten is nie altyd die skuldige nie—die probleem lê dikwels by swak verwerking en verbouingspraktyke in die groothandel. Ek vereenvoudig die Wetenskap rondom Suurdeeg en bring dit vir jou in eenvoudige brokkies en jy leer hoe verskillende deegsoorte moet voel.
In hierdie kursus leer jy:
- Hoe om verskillende tipes Suurdeeg te produseer en te onderhou.
- Meng en voorberei van hoë- en lae-hidrasie deeg.
- Vorm van hoë- en lae-hidrasie deeg.
- Oondvoorbereiding en bak-alternatiewe.
- Alle broodtoerusting en terminologie!
Wat jy in die klas kry:
- Notas, ligte versnaperinge en drankies.
- Alles wat jy tydens die praktiese sessies gemaak het, neem jy saam huis toe!
Maak reg vir: Om pret te hê en wonderlike herinneringe te skep!
Vriendelike groete,
Annelien Pienaar
3 in stock


Reviews
There are no reviews yet.