Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Churro’s Lede-resep
BakFyn bak

Churro’s

Gepubliseer

Hierdie tuisgemaakte churros is goudbruin en bros aan die buitekant met ’n sagte binnekant. Rond dit af met kaneelsuiker en bedien met warm sjokolade-, karamel- of koeksisterstroop.

Blatjang Hoendergereg Lede-resep
Pluimvee

Blatjang Hoendergereg

Gepubliseer

Hierdie romerige hoender-en-aartappelgereg word eenvoudig in ’n prutpot of oondskottel gepak en stadig gaargemaak. Die tuisgemaakte mayonnaise-en-blatjangsous sorg vir hope geur sonder die gebruik van pakkies soppoeier.

Flentertjies Vleis Lede-resep
BeesKook

Flentertjies Vleis

Gepubliseer

Hierdie geurige garingtjiesvleis, oftewel pulled lamb, word twee dae lank in karringmelk, kruie en speserye gemarineer en daarna stadig in die prutpot gaargemaak. Die resultaat is bottersagte skaapvleis…

Whisky Marmelade Lede-resep
Konfyt

Whisky Marmelade

Gepubliseer

Hierdie whiskeymarmelade kombineer sappige lemoene, gekristalliseerde gemmer en ’n skeut whiskey in ’n helder, geurige smeer. Die natuurlike pektien uit die sitrusskil, pitte en wit binneste gedeeltes help…

Eenskottel Hoender gereg Lede-resep
KookPluimvee

Eenskottel Hoender gereg

Gepubliseer

Hierdie romerige prutpothoender met sampioene, blatjang, mosterd en ’n tikkie masala is eenvoudige trooskos sonder onnodige fieterjasies. Bedien dit met rys of stampmielies, of verdik die geurige vulsel…

Met trots ondersteun deur