Welkom in Annelien se wêreld van kos
Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.
Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.
Leer, bak en kook met vertroue
Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.
Voedselkennis wat op groter skaal werk
Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.
Loer deur ons resepte
Lede-resep
Brandewyn- vs Malva Poeding
Gepubliseer
Hierdie tradisionele malvapoeding is heerlik klam, ekonomies en vries uitstekend. Geur die romerige stroop met brandewyn, Amarula of Cape Velvet vir ’n feestelike variasie.
Lede-resep
Geurige Kaastertjies
Gepubliseer
Hierdie maklike kaastertjies het ’n sagte, geurige vulsel en ’n kors wat soos ’n droom hanteer. Voeg spek, ham, hoender, tuna, biltong of groente by vir ’n heerlike…
Lede-resep
Botterkaramel Patats
Gepubliseer
Soetpatats soos Moeder dit gemaak het: sag, botterig en stadig gekaramelliseer met net ’n paar eenvoudige bestanddele. Die geheim lê in die voorbereiding wat keer dat die patats…
Lede-resep
Melkkos
Gepubliseer
Hierdie outydse melkkos is pure trooskos: warm, romerig en geurig met kaneelsuiker. Dit is ’n eenvoudige resep wat jou met elke happie terugneem na Moeder se kombuistafel.
Lede-resep
Outydse gebakte Sago poeding
Gepubliseer
Hierdie outydse sagopoeding is romerig en sag, met ’n soet konfytlaag en ’n goudbruin meringue bo-op. Bedien dit warm of koud vir ’n heerlike tradisionele nagereg.
Lede-resep
Vullende Pastaslaai
Gepubliseer
Hierdie romerige pastarys-slaai met perskes, tuna of hoender is binne 30 minute gereed. Dit is ’n heerlike ligte middagete vir kosblikke, pieknieks en honger monde ná skool.
Lede-resep
Pannekoek
Gepubliseer
Hierdie ligte en donsige pannekoekresep lewer keer op keer sagte pannekoeke wat maklik omdraai. Ontdek ook heerlike variasies met sjokolade, spinasie, beet en brandewyn-kaneelsuiker.
Lede-resep
Choc-oh-my muffins!
Gepubliseer
Hierdie klam en ryk sjokoladekolwyntjies word sonder ’n elektriese menger gemaak. Elke happie is propvol sjokolade, terwyl die beslag en bestanddeelmengsels ook vooraf gevries kan word.
Lede-resep
Korslose souttert
Gepubliseer
Hierdie bekostigbare worsie-en-kaassouttert is maklik, vullend en ideaal vir kosblikke of ’n ligte ete. Wissel die vleis, kaas en kruie af om telkens ’n nuwe geur te skep.
Lede-resep
Gerookte Haddock Kedgeree
Gepubliseer
Hierdie romerige kedgeree met gerookte vis, basmatirys, eiers en kaas is egte trooskos. Bedien dit vir ontbyt, brunch of ’n vullende aandete met varsgebakte brood.
Lede-resep
Suurlemoenstroop Rooibos ystee
Gepubliseer
Hierdie verfrissende rooibos-ystee met suurlemoen, vars kruisement en gemmer is die perfekte dorslesser vir warm somersdae. Maak die stroop vooraf en meng dit na smaak met yskoue sodawater.
Lede-resep
Gekookte versiersel
Gepubliseer
Hierdie outydse ermine-versiersel is spierwit, romerig en minder soet as gewone botterversiersel. Dit behou sy vorm goed en kan maklik gekleur en gegeur word.