Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Botterskorsie en Cous-cous slaai Lede-resep
GroenteSlaaie

Botterskorsie en Cous-cous slaai

Gepubliseer

Hierdie couscous-en-botterskorsieslaai is my noodhulp wanneer ek vinnig ’n geurige alles-in-een-slaai nodig het. Met geroosterde botterskorsie, gemarineerde feta, kersietamaties en vars basiliekruid is dit heerlik vir middagete, kosblikke,…

Quinoa en Geelperske slaai Lede-resep
GroenteSlaaie en -souse

Quinoa en Geelperske slaai

Gepubliseer

Hierdie kleurvolle quinoa-slaai is propvol interessante teksture en geure: sappige geelperskes, sampioene, vars groente en ’n romerige karringmelksous met ’n tikkie grondboontjiebotter. Maak dit ’n dag vooruit sodat…

Maalvleisvulsel vir Pasteie Lede-resep
BakPasteie

Maalvleisvulsel vir Pasteie

Gepubliseer

Hierdie maklike maalvleis-en-aartappelvulsel is ideaal vir tuisgemaakte pasteie en geurige worsrolletjies. Die vulsel kan vooraf berei, verkoel en selfs gevries word—’n handige resep vir besige dae en grootmaatbakwerk.

Met trots ondersteun deur