Welkom in Annelien se wêreld van kos
Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.
Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.
Leer, bak en kook met vertroue
Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.
Voedselkennis wat op groter skaal werk
Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.
Loer deur ons resepte
Lede-resep
Krakerige Koolslaai
Gepubliseer
Hierdie krakerige kool-en-noedelslaai is ’n ware staatmaker uit my Duitse skoonsus se resepteversameling. Vars kool, mangetout en kruie word net voor opdiening met geroosterde neute, sade, bros noedels…
Lede-resep
Tuna en Mieliekoekies
Gepubliseer
Hierdie bros tuna-en-mieliehappies is heerlike kuierkos en ’n maklike toevoeging tot die gesin se kosblikke. Bedien dit met suurlemoen en ’n geurige knoffelroom- of soetrissie-en-pynappelsous.
Lede-resep
Eiervrug vingerhappies
Gepubliseer
Hierdie eiervrug-pizzas is ’n heerlike laekoolhidraat-alternatief vir ’n gewone pizzabasis. Elke skyf word met tamatiesmoor, spinasie, spek, broodkrummels en mozzarella bedek en dan tot goudbruin gebak.
Lede-resep
Indiese Hoender kerrie gereg
Gepubliseer
Hierdie romerige hoendergereg met pêrelgort, pynappel, appelkose en geurige speserye is my staatmaker vir besige aande. Met vooraf gaargemaakte pêrelgort is ’n ekonomiese en vullende ete binne ongeveer…
Lede-resep
Franse Hoender en Ui-Bredie
Gepubliseer
’n Maklike eenskottelgereg met gekaramelliseerde uie, sagte hoender, spinasie en ’n geurige sous, afgerond met bros Franse brood en borrelende Gruyèrekaas.
Lede-resep
Herderspastei
Gepubliseer
’n Maklike en ekonomiese Herderspastei met romerige kapokaartappels, perskeblatjang en ’n goudbruin kaasbolaag – ideale trooskos vir besige dae.
Lede-resep
Kortrib met Tuisgemaakte Braai sout
Gepubliseer
Sagte, sappige kortrib wat stadig met ’n aromatiese braaisout gebak word totdat dit ’n geurige sousie vorm en heerlik bros raak.
Lede-resep
Sitrus Gegeurde Eend
Gepubliseer
’n Feestelike gebraaide eend met ’n geurige couscous-en-mosselvulsel, afgerond met ’n glansende lemoen-, sjerrie- en Van der Hum-sous.
Lede-resep
Kerrie Maalvleis
Gepubliseer
’n Geurige en veelsydige kerriemaalvleis waarin die speserye vooraf gebraai word om elke heerlike aroma ten volle te ontwikkel.
Lede-resep
Slapdeeg Pastei
Gepubliseer
Peulgewasse is ’n bekostigbare bron van vesel en plantproteïen. In hierdie heerlike maalvleis-en-boontjiepastei word gebakte bone in die vulsel én witbone of kekerertjies in die goudbruin kors gebruik.
Lede-resep
Gorgonzola-Sampioensous
Gepubliseer
’n Ryk en romerige sampioen-en-kaassous met dille en pekanneute wat ewe heerlik saam met pasta, steak, schnitzel of seekos smaak.
Lede-resep
Suurdeeg Wafels
Gepubliseer
My Ma het sonder dat ek dit besef het altyd met plantjies brood en beskuit gebak. Ons het geen ander metode van brood en wafels maak geken nie.…