Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Rog Brood Lede-resep
BakBrood

Rog Brood

Gepubliseer

Hierdie geurige rogbrood kry sy diep kleur en besondere smaak van kakao, heuning, bruinsuiker en swartbandmelasse. Die kombinasie van rog- en koringmeel lewer ’n brood wat stewig en…

Konfyt Skywe Lede-resep
KonfytPreserveer

Konfyt Skywe

Gepubliseer

Een veelsydige familiedeeg, ’n ruim laag appelkooskonfyt en ’n goudbruin gerasperde kors vorm hierdie heerlike, bros krummelkoekies uit Ouma Kit se kombuis.

Vetkoek Lede-resep
BakBrood

Vetkoek

Gepubliseer

“Jou Ma se Vetkoek!” is meer as net ’n resep—dit is ’n stukkie plaaskind-nostalgie. Hierdie goudbruin vetkoeke kan sag en deegagtig of heerlik hol gemaak en met kerriemaalvleis…

Met trots ondersteun deur