Welkom in Annelien se wêreld van kos
Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.
Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.
Leer, bak en kook met vertroue
Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.
Voedselkennis wat op groter skaal werk
Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.
Loer deur ons resepte
Lede-resep
Melk brood / Milk bread
Gepubliseer
Hierdie sagte, soet melkbroodjies word om repies rokerige spek gevou en ná die bak met ’n blink heuningstroop gesmeer. Een happie neem my reguit terug na my studentedae…
Lede-resep
Heel koring volgraan brood
Gepubliseer
Hierdie onvergeetlike roerbrood uit Graaff-Reinet is propvol sagte, uitgeswelde koringkorrels. Elke happie bied ’n heerlike neutagtige tekstuur met ’n sagte sweempie heuning in die agtergrond.
Lede-resep
Tropiese Hoender Ciabata broodjie
Gepubliseer
Die resep bestaan uit drie dele. Daar is die resep om jou eie Ciabata mee te bak, daarna maak jy 'n slaaisousie aan wat ook vir 'n maand…
Lede-resep
Ciabata
Gepubliseer
Ciabatta is ’n kuns van geduld—’n nat deeg wat deur lang fermentasie, versigtige vouwerk en hoë hitte in ’n rustieke pantoffelbrood met ’n krakende kors en enorme rysgate…
Lede-resep
Growwe Karringmelk beskuit met ‘n Les
Gepubliseer
Ek is lief vir ’n beskuitjie by my oggendkoffie en dan sommer weer om 15:00! Hierdie bros semelbeskuit bevat gemaalde lynsaad, neute, klapper en karringmelk vir ’n geurige,…
Lede-resep
Outydse Soetkoekies
Gepubliseer
Hierdie fluweelsagte botterkoekiedeeg kan selfs die entoesiastiese hantering van klein handjies oorleef! Rol, druk, sny of vries die deeg en speel met heerlike geure soos sjokolade, klapper, sitrus,…
Lede-resep
Miljoenêrs Brosbrood blokkies
Gepubliseer
’n Veerligte brosbroodbasis, ’n dik laag tuisgemaakte karamel en ’n dekadente Belgiese sjokoladebolaag—hierdie luukse drielaaghappies is pure bederf by ’n koppie koffie.
Lede-resep
Rooi Fluweel Kaaskoek
Gepubliseer
Hierdie dekadente rooi sjokoladeblokkies is sag, klam en ryklik gemarmer met ’n romerige roomkaasbolaag. Die diep Crimson-kleur maak dit ’n besonderse happie vir enige viering.
Lede-resep
1,2,3,4 Vanilla Koek
Gepubliseer
Hierdie klassieke 1–2–3–4-botterkoek is een van die maklikste koeke om te onthou: een deel botter, twee dele suiker, drie dele meel en vier eiers. ’n Heerlike, veelsydige koek…
Lede-resep
Sjokolade-Pynappel Yskaskaaskoek
Gepubliseer
Twee elegante yskaskaaskoeke vir ’n besonderse kuier: ’n vars pynappel-en-klapperweergawe en ’n dekadente sjokolade-en-lemoenbederf.
Lede-resep
Basiese Sjokolade Chiffonkoek
Gepubliseer
’n Veerlig sjokolade-chiffonkoek met ’n klam, sagte krummel en diep kakaosmaak. Heerlik as ’n groot koek of in kleiner kolwyntjies gebak.
Lede-resep
Amarula Cappuccino Sjokolade koek
Gepubliseer
’n Sagte sjokoladekoek met geurige koffie, ligte Kahlúa-room en heerlike lae wat elke sny in ’n deftige bederf verander.