Welkom in Annelien se wêreld van kos
Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.
Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.
Leer, bak en kook met vertroue
Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.
Voedselkennis wat op groter skaal werk
Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.
Loer deur ons resepte
Lede-resep
Amarulakoek of -poeding
Gepubliseer
’n Heerlike alles-in-een sjokoladekoektert met Amarula-stroop, romerige karamel, sagte room en stukkies melksjokolade.
Lede-resep
Bayerse Apfelstrudel
Gepubliseer
’n Tradisionele Duitse appelstrudel met papierdun, handgerekte deeg en ’n geurige vulsel van appels, rumrosyne, kaneel en botter.
Lede-resep
Veelsydige Vanielje Sponskoek
Gepubliseer
Een sagte, veelsydige kookmelkbeslag waarmee jy groot koeke, kolwyntjies én ’n pragtige rolkoek kan bak wat nie maklik bars nie.
Lede-resep
Rolkoek
Gepubliseer
’n Veerlig, buigsame rolkoek wat maklik oprol sonder om te bars. Vul dit met room, mousse, karamel, bakkersvla of jou gunstelingkaaskoekvulsel.
Lede-resep
Ystervarkies / Lammingtons met ‘n Twist (gekleurd ook)
Gepubliseer
Sagte botterkoekblokkies word in warm sjokolade- of gekleurde stroop gedoop en met ’n ruim laag spierwit klapper bedek vir die perfekte Ystervarkie...Lammington met 'n Twist!
Lede-resep
Rooibos Vrugtekoek met ‘n Twist
Gepubliseer
’n Eenvoudige, flopvrye vrugtekoek propvol glanskersies en gemengde vrugte. Bak dit vroegtydig of gebruik Annelien se kortpad vir ’n heerlik klam Kerskoek binne ’n week.
Lede-resep
Suurdeeg Sjokoladekoek met Gesoute Karamel Vulsel
Gepubliseer
’n Besonder klam en sponsagtige sjokoladekoek wat met gis gebak, oornag verkoel en met gesoute grondboonkaramel in heerlike lae opgebou word.
Lede-resep
Swartwoud Kersiekoek / Blackforest Cake
Gepubliseer
’n Veerligte Swartwoud-chiffonkoek met donker kakao, sappige kersies, Kirschwasser en net genoeg sagte room om elke happie perfek te balanseer.
Lede-resep
Mikrogolf Sjokoladekoek
Gepubliseer
Hierdie maklike sjokoladekoek word binne net 8 minute in die mikrogolfoond gebak. Die sagte, klam koek word met ’n dekadente sjokoladeglanslaag afgerond—perfek vir daardie onverwagse kuiergaste.
Lede-resep
Koffie Karamel Sjokolade Mousse Koek
Gepubliseer
’n Stroopklam sjokoladekoek waarin koffie, Amarula, karamel en sagte sjokolademousse in heerlike lae bymekaarkom. Die koffie is fyn gebalanseer en ondersteun die sjokoladesmaak sonder om die koek bitter…
Lede-resep
Rusticana brood
Gepubliseer
Hierdie rustieke brood kry sy besonderse smaak, goudbruin kors en oop krummel deur ’n stadig gefermenteerde spons en gereelde voue. Die klam deeg lewer daardie kenmerkende groot, onreëlmatige…
Lede-resep
Sjokolade Aartappelkoek met ‘n twist
Gepubliseer
Moenie dat die kapokaartappel jou afskrik nie! Dit verdwyn heeltemal in die beslag en lewer ’n besonder ligte, donsige en klam sjokoladekoek wat met ’n eenvoudige sjokoladeganache afgerond…