Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Madeira koek Lede-resep
BakKoeke

Madeira koek

Gepubliseer

’n Klassieke Madeira-koek met ’n kompak dog sagte krummel, ’n ryk bottersmaak en die vars geur van suurlemoen—stewig genoeg vir fondant, maar net so lekker sonder versiering.

Fluweelkoek Lede-resep
BakKoeke

Fluweelkoek

Gepubliseer

’n Uitsonderlik sagte, klam en veerligte vanieljekoek met ’n fyn, ligte koekkrummel—perfek vir groot koeke, kolwyntjies en ’n verskeidenheid dekadente vulsels.

Met trots ondersteun deur