Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Lasagne Lede-resep
Pasta

Lasagne

Gepubliseer

Hierdie geurige familielasagne bestaan uit netjiese lae pasta, sappige maalvleis met groente en gerookte vleis, romerige kaassous en ’n goudbruin cheddarbolaag.

Gemmerbrood Lede-resep
BakFyn bak

Gemmerbrood

Gepubliseer

Hierdie geurige gemmerbrood is vinnig, maklik en sonder enige kinkels in die kabel. Goue stroop, bruinsuiker en warm speserye sorg vir ’n heerlik klam broodjie.

Stollen Lede-resep
BakFyn bak

Stollen

Gepubliseer

’n Ryk, botterige vrugtebrood met pekanneute, rumgemarineerde vrugte en ’n sagte marsepeinhart—’n feestelike bakprojek wat maklik by jou eie skedule inpas.

Maroela Jellie Lede-resep
Konfyt

Maroela Jellie

Gepubliseer

Vang die unieke geur van die Bosveld in ’n potjie! Hierdie helder, goudkleurige maroelajellie is heerlik op vars gebak, saam met jogurt of as ’n glanslaag vir koeke…

Met trots ondersteun deur