Welkom in Annelien se wêreld van kos
Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.
Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.
Leer, bak en kook met vertroue
Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.
Voedselkennis wat op groter skaal werk
Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.
Loer deur ons resepte
Lede-resep
Bos Bessie Volkoringbeskuit
Gepubliseer
’n Heerlik vullende volkoringbeskuit propvol hawersemels, pekans, bosbessies, sesamsaad, klapper en gekraakte roulynsaad—ideaal vir ontbyt of die middaghappie.
Lede-resep
Chocolate Brownies / Sjokolade Bruintjies
Gepubliseer
Maryke se onweerstaanbare Fudge Brownies is dig, klam en propvol donker sjokolade en pekanneute, met ’n sagte kakaofudge-laag wat bo-op smelt-in-die-mond stol.
Lede-resep
Crunchies / Skurwejantjies
Gepubliseer
Hierdie nostalgiese crunchies is propvol hawermout, klapper, Nutty Wheat en sesamsaad. Bak dit as koekies of stafies en speel met sjokolade, pekans, vrugte of fudge.
Lede-resep
Ham en Ertjie sop
Gepubliseer
’n Dik, geurige ertjiesop met gerookte Kassler, wortel en aartappel wat stadig in die hutspot prut. Perfekte trooskos vir ’n koue dag.
Lede-resep
Joghurt Kaaskoek
Gepubliseer
Neem die bang uit gelatien met hierdie ligte, romerige jogurt-en-roomkaastert. Die resep stol mooi, ontvorm maklik en kan met enige gegeurde jogurt en vars bessies afgerond word.
Lede-resep
Koffie en Pekan Glutenvrye koekies
Gepubliseer
Hierdie vinnige pekankoekies word op eetbare ryspapier gebak vir ’n netjiese voetjie en heerlike bros tekstuur. Laat die koffie uit indien jy ’n suiwer pekansmaak verkies.
Lede-resep
Luukse Warm Sjokolade
Gepubliseer
Dik, fluweelsag en heerlik dekadent—die perfekte warm sjokolade vir ’n koue wintersaand, veral saam met varsgebakte churros.
Lede-resep
Tuisgemaakte Gouestroop
Gepubliseer
Maak jou eie gouestroop met gewone suiker, water en ’n tikkie suur. Dit is ekonomies, maklik om te bêre en ideaal vir koekies, beskuit en ander gebak.
Lede-resep
Taai Braaisous
Gepubliseer
’n Vinnige, veelsydige braaisous wat vleis ’n heerlike diep kleur en klewerige toffieglans gee. Perfek vir hoender, bees-, skaap-, vark- en wildsvleis.
Lede-resep
Mikrogolf Vyekonfyt
Gepubliseer
’n Vinnige kleinmaat-vyekonfyt wat binne enkele minute in die mikrogolfoond gemaak word. Heerlik geurig, met sagte vyestukkies en ’n subtiele tikkie gemmer.
Lede-resep
Brandewynsous
Gepubliseer
’n Geurige, fluweelsagte brandewynsous met warm note van kaneel, gemmer en donker suiker. Heerlik oor roomys, wafels, pannekoeke, pampoenpoffers en stroopkoeke.
Lede-resep
Capsicum Piekels
Gepubliseer
Bewaar ’n kleurvolle rissie-oes met hierdie geurige, soetsuur piekelmengsel. Geskik vir jalapeños, brandrissies, capsicums en soetrissies.