Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Weet-Bix Beskuit Lede-resep
Beskuit

Weet-Bix Beskuit

Gepubliseer

’n Ekonomiese, lekker vullende Amasi-beskuit met Weet-Bix, semels en kaneel. Die pekanneute, rosyne en selfs die eiers is opsioneel, wat dit ’n besonder aanpasbare gesinsresep maak.

Smeerkors Lede-resep
BakSoetterte

Smeerkors

Gepubliseer

Vergeet van uitrol en sukkel! Hierdie vinnige, sagte tertdeeg word eenvoudig direk in die tertbak gesmeer. Laat die suiker uit en dieselfde resep word ’n heerlike soutkors.

Gebraaide rys Lede-resep
Rys

Gebraaide rys

Gepubliseer

Loskorrelige rys word in botter en olyfolie gebraai en met sprietuie, knoffel, rissie en Parmesaan afgerond. Heerlik op sy eie of as geurige bykos by ’n uitgebreide spyskaart.

Met trots ondersteun deur