Welkom in Annelien se wêreld van kos
Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.
Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.
Leer, bak en kook met vertroue
Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.
Voedselkennis wat op groter skaal werk
Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.
Loer deur ons resepte
Lede-resep
Boston Broodjie
Gepubliseer
Hierdie outydse gestoomde molassebrood word met bruinbroodmeel, mieliemeel en rogmeel gemaak. Die broodjie het ’n digte, klam tekstuur, ’n diep molassegeur en heerlike stukkies rosyntjies of gedroogde bessies.
Lede-resep
Rog en Volkoring brood / Rye and Wholewheat bread
Gepubliseer
Hierdie geurige sponsbrood kombineer bruinbrood-, rog- en witbroodmeel vir ’n ligter volgraanbrood wat nie dig of swaar is nie. Die voorafgegiste spons ontwikkel ’n besondere geur, terwyl die…
Lede-resep
Naan gluten free
Gepubliseer
Hierdie glutenvrye panbroodjies word met slegs amandelmeel, tapiokameel en klappermelk gemaak. Hulle is sag, buigsaam en vinnig genoeg om binne enkele minute in ’n pan te bak.
Lede-resep
Tamatie en Kool Frikkadelle
Gepubliseer
Nog ’n vrieskasvriendelike bêre-ete vir besige gesinne! Hierdie sagte frikkadelle bak in ’n geurige, tuisgemaakte tamatiesmoor wat ook uitstekend by pasta en ander geregte pas.
Lede-resep
Turkse Platbrood
Gepubliseer
Hierdie sagte komyn-en-koljander-platbrode word met gis gemaak, baie dun uitgerol en vinnig in ’n swaarboompan gebak. Dit is die ideale brood om elke laaste druppel van ’n geurige…
Lede-resep
Babka
Gepubliseer
Hierdie sjokoladebabka is ’n ryk, verrykte gisbrood met fyn lagies sjokolade wat deur elke sagte sny kronkel. Die deeg fermenteer oornag in die yskas, word gevleg en ná…
Lede-resep
Ezekiel Brood
Gepubliseer
Hierdie multigraan-lensiebrood kombineer Nutty Wheat, gemaalde pêrelgort, lensies en milletmeel in ’n besonder vullende brood. Die gaar lensies gee ekstra vog en ’n sagte tekstuur, terwyl heuning en…
Lede-resep
Aartappel en Kaas Broodjie
Gepubliseer
Hierdie maklike aartappel-en-kaas-roerbrood het ’n rustieke goudbruin kors en ’n heerlike growwe, sagte binnekant. Die deeg word vinnig gemeng en kan as ’n vryvormbrood, panbrood of individuele soutmuffins…
Lede-resep
Slapdeeg Vetkoek
Gepubliseer
Hierdie vinnige slapdeegvetkoekies is goudbruin en bros buite, maar sag en lugtig binne. Die veelsydige gisbeslag kan ook met mielies, spek, kaas of pilchards gegeur word—of as ’n…
Lede-resep
Gesonde Hoenderslaai Broodjie
Gepubliseer
Hierdie tuisgebakte mini-baguettes en panini word gevul met ’n vars hoender-en-appelslaai, mozzarella en romerige avokado. Dit is ’n volledige ligte maaltyd wat perfek is vir somersdae, piekniekmandjies en…
Lede-resep
Kaas en Sprietui broodjie
Gepubliseer
Nou goed, hier moet ek bieg. Ek hou van ‘n resep wat vir my buigbaar is. Hierdie was aanvanklik ‘n sout muffin resep gewees en later het ek besef…
Lede-resep
Peer en Sultana brood met ‘n twist
Gepubliseer
Hierdie onvergeetlike peer-en-sultanabrood kombineer sagte peer, heuning, warm speserye en rumgegeurde vrugte in ’n mooi gevlegte gisbrood. Bedien dit met botter en konfyt, vars room, mascarpone of romerige…