Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Tamatiesous Lede-resep
Marinades

Tamatiesous

Gepubliseer

’n Grootmaat, tuisgemaakte tamatiesous met ryp tamaties, uie, seldery en speserye—sonder kommersiële preserveermiddels en met ’n suikervrye variasie.

Met trots ondersteun deur