Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Koffie koekies Lede-resep
BakKoekies (soet)

Koffie koekies

Gepubliseer

Hierdie outydse koffiekoekies is bros, geurig en twee-twee met ’n verslawende koffievulsel aanmekaar geplak. Vorm dit met ’n vleismeul vir die kenmerkende growwe tekstuur of gebruik gewone koekiedrukkers.

Choc-Chip koekies Lede-resep
BakKoekies (soet)

Choc-Chip koekies

Gepubliseer

Hierdie bros sjokoladesplinterkoekies is ’n heerlike vakansieprojek vir die hele gesin. Speel met variasies soos neute, koffie, vlapoeier of rooi fluweel en skep elke keer ’n nuwe gunsteling.

Rooi Fluweel koek Lede-resep
BakKoeke

Rooi Fluweel koek

Gepubliseer

Hierdie klam Red Velvet Bundt-koek verras met ’n diep rooi kleur en sagte, fyn krummel. Bedien dit met ’n maaskaasdrupsous of rond dit af met botter-en-roomkaasversiersel, gerasperde sjokolade…

Malvalekker versiersel Lede-resep
BakVersiersels

Malvalekker versiersel

Gepubliseer

Hierdie vinnige malvalekker-versiersel is bottervry, glansend en amper meringue-agtig. Dit behou sy vorm besonder goed en is ideaal vir koeke en kolwyntjies wanneer jy ’n ligter versiersel verlang.

Met trots ondersteun deur