Welkom in Annelien se wêreld van kos
Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.
Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.
Leer, bak en kook met vertroue
Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.
Voedselkennis wat op groter skaal werk
Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.
Loer deur ons resepte
Lede-resep
Aartappel bondeltjies
Gepubliseer
Hierdie aartappelkrokette is ’n heerlike kinkel op tradisionele kroketjies. Kappokaartappels word met dille, selderyblare en opsionele bloukaas gegeur, gevries en daarna in ’n ligte beslag goudbruin gebraai.
Lede-resep
Glans Ganacheversiersel
Gepubliseer
Leer hoe om ’n gladde, glansende donkersjokoladeganache met sjokolade, vars room en glukosestroop te maak. Met die korrekte temperature en giettegniek kry jy ’n professionele, spieëlgladde koekafwerking.
Lede-resep
Cremora tert
Gepubliseer
Hierdie maklike Creamora-tert stol binne ’n uur en is ideaal vir onverwagte gaste. Gee die klassieke yskastert jou eie kinkel met pynappel, karamelys-kondensmelk, roomlikeur of vars vrugte.
Lede-resep
Lepelsteeltjies of ouma se Wildebees ogies
Gepubliseer
Hierdie nostalgiese kaas-en-konfytbolletjies kombineer ’n bros, sout kaaskoekie met ’n soet konfythart. Dit is ’n heerlike familieresep waarby oud en jonk kan inspring om bolletjies te rol.
Lede-resep
Botterskorsie gebak met krakerige streusellaag
Gepubliseer
Sagte, gekaramelliseerde botterskorsie word onder ’n krakerige pekanstreusellaag gebak. Hierdie maklike oondgereg verg min moeite en is ’n heerlike soet bykos vir enige Boerekos-ete.
Lede-resep
Weetbix-sade en Sitrus beskuit
Gepubliseer
Na aanleiding van die goeie terugvoer rakende die Weetbix beskuit resep het ’n paar oulike Twists bygekom. Hugo van Wyk het die resep ’n heerlike sitrus twist bygesit…
Lede-resep
Karamelfudge
Gepubliseer
Die Sonskyn Susters se outydse kondensmelkfudge is ryk, romerig en gevul met kosbare familieherinneringe. Met geduld, stadige gaarmaak en die korrekte sagtebaltemperatuur kry jy keer op keer heerlike…
Lede-resep
Doppie deeg vir Soet- en Sout terte
Gepubliseer
“Ons Doppie-deeg” is die Sonskyn Susters se kosbare familieresep vir bros, veelsydige tertdoppies en groter tertkorse. Die gebakte doppies bly lank bros en kan tot ses maande gevries…
Lede-resep
Tamatie konfyt
Gepubliseer
Maak heerlike tamatiekonfyt met ryp beeshart-, konfyt-, gewone of selfs heel kersietamaties. Die resep sluit afsonderlike verhoudings vir ryp en groen tamaties in, met ’n pikante rissievariasie vir…
Lede-resep
Bessie Konfyt-alle soorte
Gepubliseer
Hierdie geurige appelliefiekonfyt kry ekstra stolkrag van tuisgemaakte Granny Smith-appelpektien. Dieselfde basiese metode kan ook vir verskillende bessiesoorte gebruik word om heerlike tuisgemaakte konfyt te kook.
Lede-resep
Pynappel en Malvalekkertert
Gepubliseer
Hierdie nostalgiese pynappel-en-malvalekkertert kombineer ’n bros Tennisbeskuitjiekors met ’n romerige vulsel vol pynappel, glanskersies en sagte malvalekkers. Dit is ’n heerlike yskastert wat vooraf gemaak kan word.
Lede-resep
Peppermentcrisp tert
Gepubliseer
Hierdie nostalgiese Peppermint Crisp-tert word met regte room, karamel, sjokolade en Tennisbeskuitjies gemaak. Die room word met gelatien gestabiliseer sodat die tert ferm bly en mooi, netjiese porsies…