Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Klapperys Lede-resep
BakLekkergoed

Klapperys

Gepubliseer

Hierdie tradisionele pienk-en-wit klapperys is vinnig, maklik en word sonder enige kookwerk gemaak. Met net enkele bestanddele is dit ideaal vir markdae, partytjies, teetafels en tuisgemaakte geskenkpakkies.

Ouma Hantie se Sosaties Lede-resep
BeesKook

Ouma Hantie se Sosaties

Gepubliseer

Hierdie tradisionele kerriesosaties word eers in ’n sagte karringmelkmarinade en daarna in ’n geurige appelkoos-en-kerriesous gemarineer. Ryg die vleis met uie, appelkose en groente op stokkies vir ’n…

Baklava Lede-resep
Fyn bakKoeke

Baklava

Gepubliseer

Goudbruin, botterige baklava met bros lagies filodeeg, gekruide neute en ’n geurige heuning-en-rooswaterstroop. ’n Luukse fyngebak wat uitstekend vries.

Met trots ondersteun deur