Welkom in Annelien se wêreld van kos
Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.
Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.
Leer, bak en kook met vertroue
Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.
Voedselkennis wat op groter skaal werk
Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.
Loer deur ons resepte
Lede-resep
Lepeltjie fudge
Gepubliseer
Lepeltjiefudge is 'n sagte, romerige fudge wat met 'n lepel geniet word – perfek as 'n tuisgemaakte geskenk of vir markdae en fondsinsameling. Verpak in klein glasbotteltjies is…
Lede-resep
Pistasie ganache duimpie koekies
Gepubliseer
Hierdie sjokolade-duimpiekoekies is ryk, bros en smelt letterlik in die mond. Gevul met 'n romerige pistasieganache en afgerond met 'n randjie neute, is dit 'n elegante koekie wat…
Lede-resep
Feta mousse
Gepubliseer
Hierdie romerige fetamousse is die perfekte balans tussen sout, romerig en vars. Bedien dit as 'n smeer, doopsous of deel van 'n indrukwekkende kaas- of piekniekbord. Dit is…
Lede-resep
Droë vrugte en neute blokkies
Gepubliseer
Hierdie Yskasvrugtekoek is een van daardie resepte wat sommer uit 'n hand vol oorskiet-happies gebore is. Bros pretzels, droëvrugte, neute, beskuitjies en kondensmelk vorm saam 'n onweerstaanbare, geen-bak…
Lede-resep
Kerrie-kool Twist
Gepubliseer
Kerriekool is een van daardie klassieke Suid-Afrikaanse bottelresepte wat op byna elke feestafel sy plek verdien. Hierdie weergawe, met my ma se besondere kinkel, is romerig, geurig en…
Lede-resep
Malvalekker Fondant (Marshmellow fondant)
Gepubliseer
Malvalekkerfondant is die ideale fondant vir tuisbakkers wat vinnig 'n gladde, sagte koekbedekking wil maak sonder ingewikkelde suikerkookprosesse. Dit is maklik om te knie, eenvoudig om uit te…
Lede-resep
Everything Bagel seasoning
Gepubliseer
Hierdie geurige Alles-Sout Sprinkel is een van daardie eenvoudige mengsels wat 'n gewone gereg binne sekondes na iets besonders verhef. Die kombinasie van sesamsaad, uie, knoffel, papawersaad en…
Lede-resep
Spek en uie tert vir Kampkos
Gepubliseer
Hierdie Spek- en Uietert vir Kampkos bewys dat kampkos alles behalwe eenvoudig hoef te wees. Soet gekaramelliseerde uie, bros spek en 'n sagte, goudbruin kors vorm saam 'n…
Lede-resep
Turksvy stroop
Gepubliseer
Die robynrooi kleur van Turksvystroop is net so indrukwekkend soos sy unieke geur. Hierdie helder stroop is heerlik oor roomys, pannekoek en nageregte, maar ook as basis vir…
Lede-resep
Heel en fyn Vye konfyt met ‘n les
Gepubliseer
Min konfyte roep soveel nostalgie op soos Vyekonfyt. Wanneer die vye glansend, deursigtig en deurtrek van 'n helder stroop uit die bottel glimlag, weet jy die wagtyd was…
Lede-resep
Vissmeer, maar jou eie
Gepubliseer
Toe Redro en tradisionele ansjovissmeer uit die winkelrakke verdwyn, het hierdie tuisgemaakte weergawe sy plek permanent in my kombuis ingeneem. Ryk aan geur, eenvoudig om te maak en…
Lede-resep
Warm water pasteideeg: Vark fillet pastei
Gepubliseer
Hierdie Tradisionele Melton Mowbray-styl Varkpastei is 'n ware stuk Britse kosgeskiedenis wat oor die jare sy eie Suid-Afrikaanse karakter ontwikkel het. Die warmwaterdeeg vorm 'n stewige, bros kors…