Welkom in Annelien se wêreld van kos
Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.
Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.
Leer, bak en kook met vertroue
Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.
Voedselkennis wat op groter skaal werk
Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.
Loer deur ons resepte
Lede-resep
Aartappel poffers / Aartappel Dauphines
Gepubliseer
Hierdie Aartappelpoffertjies is 'n ware ou klassieke wat ongelukkig deesdae te min op ons tafels verskyn. Die geheim lê in die kombinasie van sagte kapokaartappels en ligte chouxdeeg…
Lede-resep
Vegan egg free mayo / Vegaan/Vegetariese eiervrye mayo
Gepubliseer
Hierdie Eiervrye Mayonnaise is ongelooflik romerig, fluweelsag en so naby aan tradisionele mayonnaise dat min mense die verskil sal agterkom. Die geheim lê in die vloeistof van ingemaakte…
Lede-resep
High altitude baking adaptations (Hoë hoogte bo seespieël gebak) aanpassings
Gepubliseer
Hoogte bo seespieël is seker een van ons bak en minder brou era se grootste kopkrappers. Daar is somme en nogmaals somme wat gedoen kan word asook formules…
Gratis
Sagte nougat in ‘n bottel
Gepubliseer
Hierdie Sagte Geklitste Nougatroom is alles wat 'n mens van 'n nagereg droom – veerlig, syerig, rekbaar en smelt-in-die-mond. Anders as tradisionele nougat word hierdie weergawe nie gekook…
Lede-resep
Kondensmelk kortpad maak jou eie!
Gepubliseer
Wanneer die spens leeg raak of kondensmelk se prys jou laat sluk, is hierdie resep 'n ware redder. Met slegs vier eenvoudige bestanddele maak jy binne enkele minute…
Lede-resep
Chantilly room
Gepubliseer
Daar is min dinge so eenvoudig en tog so elegant soos Chantilly-room. Met net vars room, versiersuiker en 'n skeutjie van jou gunstelinglikeur word hierdie klassieke Franse room…
Lede-resep
Karamel en Vla chiffon koek
Gepubliseer
Hierdie Chiffon Karamel-en-Vlakoek is sonder twyfel een van die sagste en klamste koeke wat uit my kombuis kom. Fluweelsagte chiffonkoek word laag vir laag gevul met romerige tuisgemaakte…
Lede-resep
Fruit mince pies
Gepubliseer
Hierdie tradisionele mini-vrugtevlakoekies met hul bros botterdeeg, geurige vrugtevulsel en sagte stroop is die perfekte Feestydgebak. 'n Resep vol nostalgie wat familie om die tafel saambring en herinneringe…
Lede-resep
Venstertjie koekies
Gepubliseer
Hierdie klassieke Linzer koekies met hul bros botterkoekiebasis en helder vrugtejellie is 'n ware Feestydgunsteling. Kies jou gunstelingvrugte vir die vulsel en skep elke jaar 'n unieke koekie…
Lede-resep
Wit sjokolade fudge
Gepubliseer
Daar is min tuisgemaakte geskenke wat soveel bewondering ontlok soos 'n blokkie romerige wit sjokoladefudge. Hierdie resep is ongelooflik veelsydig en vorm die perfekte basis vir eindelose geurkombinasies.…
Lede-resep
Wit Vrugtekoek met ‘n Twist
Gepubliseer
Hierdie Wit Vrugtekoek met Malibu Rum is 'n elegante alternatief vir die tradisionele donker vrugtekoek. Deur ligte gedroogde vrugte en 'n helder alkohol soos Malibu Rum te gebruik,…
Lede-resep
Slap-deeg Doughnuts
Gepubliseer
Hierdie Giet-Doughnuts is die perfekte oplossing wanneer die lus vir vars doughnuts toeslaan, maar daar nie tyd is om gisdeeg te knie en te laat rys nie. Die…