Welkom in Annelien se wêreld van kos
Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.
Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.
Leer, bak en kook met vertroue
Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.
Voedselkennis wat op groter skaal werk
Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.
Loer deur ons resepte
Lede-resep
Knoffel: gefermenteer en gemarineer
Gepubliseer
Hierdie gemarineerde knoffeltoontjies is klein geurjuwele wat op enige kaas- of charcuteriebord uitblink. Die knoffel is bros, sag, effens soet en heerlik sout, sonder die skerp brand of…
Lede-resep
Bees stert sop
Gepubliseer
Hierdie beesstertsop is die soort sop wat stadig prut, die huis met heerlike geure vul en almal om die tafel lok. Die natuurlike gelatien uit die beesstert gee…
Lede-resep
Salami en Olyf growwe tapenade
Gepubliseer
Hierdie olyf- en salamitapenade is 'n vinnige, geurige smeer wat binne minute gereed is. Sout olywe, geurige salami, balsamiese asyn en romerige roomkaas vorm saam 'n luukse voorgereg…
Lede-resep
Melktert Kaaskoek met ‘n Twist
Gepubliseer
Hierdie Melktert-kaaskoek is die perfekte huwelik tussen twee Suid-Afrikaanse gunstelinge. Die fluweelsagte roomkaasvulsel, gegeur met kaneelgeïnfuseerde melk, rus op 'n bros botterkors en word afgerond met 'n fyn…
Lede-resep
Kaas gegeurde Nacho’s of Tacos
Gepubliseer
Hierdie tuisgemaakte mielie-nachos is bros, goudbruin en propvol geur. Gemaak met eenvoudige bestanddele en afgerond met 'n selfgemaakte kaasspesery, is dit die perfekte peuselhappie vir 'n mezze-, tapas-…
Lede-resep
Volkoring geenknie broodjie
Gepubliseer
Daar is min dinge so vertroostend soos die geur van varsgebakte volkoringbrood. Hierdie koue-geryste brood is sag, klam en propvol geur, met die ekstra voordele van vlassaad en…
Lede-resep
Vinnige Hoender met pruimedant sous en gebraaide rys
Gepubliseer
Hierdie sappige hoender met 'n soet-suur pruimsous is 'n heerlike vinnige aandete wat binne minute op die tafel is. Bedien dit saam met geurige gebraaide rys vir 'n…
Lede-resep
Suurlemoen-Papawersaad muffins
Gepubliseer
Min geurkombinasies is so tydloos soos suurlemoen en papawersaad. Hierdie muffins is lig, ongelooflik klam en geurig, met die varsheid van suurlemoen en die sagte neutagtige tekstuur van…
Lede-resep
Kaaswiggies en Smelt kaas
Gepubliseer
’n Heerlike selfgemaakte smeltkaas wat gewone vars melk in sagte, gladde kaas verander. Giet dit in wiggies, vorms of ’n broodpannetjie en gebruik dit vir geroosterde broodjies, pasta,…
Lede-resep
Multi saad en neut koekies (Gluten en eiervry)
Gepubliseer
Hierdie glutenvrye, eiervrye saadbeskuitjies is klein kragpakkies vol voeding. Gepak met pampoen-, sonneblom-, chia- en vlassaad, is dit die ideale peuselhappie vir kosblikke, kaasborde of 'n gesonde happie…
Lede-resep
Gevulde ciabata, geen knie
Gepubliseer
'n Egte ciabatta word nie aan sy kors herken nie, maar aan sy groot, onreëlmatige gate en ligte, rekbare krummel. Hierdie geen-knie ciabatta met olywe, kaas en songedroogde…
Lede-resep
Vlapoeier maak jou eie
Gepubliseer
My gesin se vinnige roete na heerlike, romerige vla! Hierdie is presies die soort bêre-mengsel wat ek graag in my koskas hou: vinnig, maklik en altyd gereed wanneer…