Welkom in Annelien se wêreld van kos
Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.
Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.
Leer, bak en kook met vertroue
Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.
Voedselkennis wat op groter skaal werk
Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.
Loer deur ons resepte
Lede-resep
Diabetiese Gemmerkoekies
Gepubliseer
Hierdie bros, geurige gemmerkoekies is spesiaal ontwikkel vir mense wat hul suikerinname moet bestuur, sonder om die nostalgiese smaak van 'n tradisionele gemmerkoekie prys te gee. Met die…
Lede-resep
Toebroodjie vulsels met ‘n Twist!
Gepubliseer
Daar is min dinge wat so lekker reis soos 'n varsgebakte broodjie gevul met 'n geurige smeersel. Of jy nou op pad is see toe, 'n wildrit aanpak…
Lede-resep
Gemarineerde Baba aartappel en dragonder slaai
Gepubliseer
Min geregte is so vertroostend soos 'n geurige warm aartappelslaai wat tyd gehad het om al die heerlike geure in te trek. Hierdie Duitse geïnspireerde weergawe is eenvoudig…
Lede-resep
Wafer cones
Gepubliseer
Min dinge laat 'n nagereg meer professioneel lyk as 'n bros, tuisgemaakte wafelhorinkie of elegante tuile. Hierdie eenvoudige deeg verander binne minute in 'n verskeidenheid dekoratiewe vorms wat…
Gratis
Koekie drukker koekies (Spritz koekies)
Gepubliseer
Spritzkoekies iof te wel Koekie drukker koekies s een van die elegantste botterkoekies wat jy kan bak. Met hul sagte, spuitbare deeg en pragtige vormpies is hulle al…
Lede-resep
Truffles met egte Belgiese sjokolade
Gepubliseer
Leer die kuns van egte sjokolade met hierdie klassieke couverture-truffels. 'n Fluweelsagte middelpunt, afgerond met jou gunstelinggeure en bedek met kakao, klapper of nog 'n laag sjokolade –…
Gratis
Diabetiese Hondekoekies
Gepubliseer
Wie sou kon dink dat honde ook diabetes kan ontwikkel? Hierdie eenvoudige, voedsame beeslewer-happies is gemaak met min bestanddele en kan rou, gebak of gedehidreer word. 'n Praktiese…
Lede-resep
Ceasar slaai sous
Gepubliseer
Romerig, vars en propvol geur – hierdie tuisgemaakte Caesar-slaaisous is binne minute gereed en laat enige winkelweergawe bleek. Een mengbeker, 'n staafmenger en 'n paar eenvoudige bestanddele is…
Gratis
Kat bederf happies
Gepubliseer
OHierdie tuna-koekies is só lekker dat ons by die huis altyd grappenderwys sê die katte en die mense baklei daaroor! Met eenvoudige, voedsame bestanddele is dit 'n heerlike…
Lede-resep
Volkoring-Appel Diabetiese muffin
Gepubliseer
'n Sagte, klam appelmuffin wat lig op kalorieë is, ryk aan vesel en perfek vir kosblikke, ontbyt of 'n vinnige peuselhappie. Hierdie muffins vries uitstekend en is ideaal…
Lede-resep
Maltabella beskuit
Gepubliseer
Hierdie outydse semel- en Maltabella-beskuit is propvol vesel, sade en heerlike tekstuur. Bros, geurig en perfek vir die eerste koppie koffie van die dag – 'n beskuit wat…
Lede-resep
Dekadente Italiaanse Bon-Bons met Glanslaag
Gepubliseer
Lugtig, lig en gevul met syagtige vanieljevla – hierdie Italiaanse Bombolini is die tipe gebak wat jy in 'n klein bakkery in Italië sou verwag. Afgewerk met kaneelsuiker…