Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Sesame bros koekies Lede-resep
Koekies (sout)

Sesame bros koekies

Gepubliseer

Hierdie bros sesamsaad-kraakbeskuitjies is een van daardie resepte wat jy keer op keer sal maak. Met hul neutagtige geur, delikate brosheid en eenvoudige bestanddele is hulle ideaal vir…

Appel poffers Lede-resep
Fyn bak

Appel poffers

Gepubliseer

Hierdie goudbruin appelringe met hul ligte gisbeslag is die perfekte kombinasie van sagte vrugte en 'n bros, lugtige kors. Warm uit die olie, mildelik bestrooi met kaneelsuiker of…

Met trots ondersteun deur