Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Eetbare blomme Lede-resep
ArtikelsBakGratis Resepte

Eetbare blomme

Gepubliseer

Blomme bring kleur, geur en elegansie na enige gereg, maar nie elke mooi blom hoort op jou bord nie. Die wêreld van eetbare blomme is 'n wonderlike avontuur…

Magic bars met ‘n Twist Gratis
BakStafies

Magic bars met ‘n Twist

Gepubliseer

Hierdie bekende Magic Bars, ook bekend as Seven Layer Bars, is die perfekte kombinasie van bros, romerig en krakerig. 'n Botterige beskuitjiebasis word bedek met kondensmelk, twee soorte…

Klei gesigsmasker Lede-resep
Velsorg en Hare

Klei gesigsmasker

Gepubliseer

'n Goeie kleimasker is een van die eenvoudigste maniere om jou vel 'n natuurlike opkikker te gee. Hierdie kombinasie van bentonietklei, geaktiveerde houtskool en fyngemaalde hawermout help om…

Vanielje suiker Lede-resep
KoekeKoekies (sout)Versiersels

Vanielje suiker

Gepubliseer

Maak jou eie gegeurde suiker en gee elke koppie koffie, tee of baksel 'n unieke karakter. Hierdie eenvoudige metode laat die natuurlike geure van vanielje of ander geurmiddels…

Eggnog Lede-resep
Drinkgoed warmPreserveer

Eggnog

Gepubliseer

Wanneer die eerste koue winteroggende aanbreek, weet ek dis tyd vir hierdie geliefde Duitse familietradisie. Hierdie ryk, romerige winterdrank is vir geslagte lank van ouma na kleinkind oorgedra…

Muffin mix in a jar Gratis
Bêre mengselsMuffins

Muffin mix in a jar

Gepubliseer

Hierdie pragtige muffinmengsel in 'n bottel is die perfekte kombinasie van prakties en mooi. Die kleurvolle lae van kakao, bruinsuiker, neute en sjokoladesplinters maak dit 'n unieke tuisgemaakte…

Met trots ondersteun deur