Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Pepper steak pie Gratis
BeesKookKorse

Pepper steak pie

Gepubliseer

Daar is min geregte wat soveel trooskos en nostalgie in een happie vasvang soos 'n geurige Peppersteak-pastei. Die eerste kraak van die bros kors, gevolg deur sagte beesvleis…

Olie: herwinning Lede-resep
Artikels

Olie: herwinning

Gepubliseer

Kookolie is een van die duurste bestanddele in enige kombuis, daarom is dit belangrik om dit verantwoordelik en veilig te gebruik. In professionele voedselproduksie word gebruikte olie gereeld…

Suurlemoen vingers Gratis
Koekies (soet)

Suurlemoen vingers

Gepubliseer

Hierdie suurlemoenblokkies is die perfekte kombinasie van romerig, soet en vars sitrusgeur. Met 'n sagte, smelt-in-die-mond tekstuur en 'n heerlike suurlemoenskop is dit die ideale happie vir teetafels,…

Met trots ondersteun deur