Welkom in Annelien se wêreld van kos
Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.
Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.
Leer, bak en kook met vertroue
Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.
Voedselkennis wat op groter skaal werk
Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.
Loer deur ons resepte
Lede-resep
Cake base: Gluten-, Egg-, Dairy-, Sugar free (vegan)
Gepubliseer
Elke bakker het daardie een koekresep nodig waarop jy altyd kan staatmaak. Hierdie sagte, klam vanieljekoek is presies dit. Die resep is natuurlik eier- en suiwelvry, maar niemand…
Lede-resep
Aspersies self ingemaak
Gepubliseer
Daar is min dinge so bevredigend soos 'n ry glinsterende flesse tuis-ingelêde aspersies op die spensrak. Met net water, sout, asyn en vars aspersies kan jy die oes…
Lede-resep
Granadilla roomys
Gepubliseer
Wanneer ek aan Desembervakansies dink, dink ek aan groot, ronde bolle granadillaroomys wat ons ná 'n dorpuitstappie as spesiale bederf gekry het. Vir drie plaaskinders was dit genoeg…
Lede-resep
Gammon
Gepubliseer
’n Sappige, stadig gebakte gammon met ’n blink appelglasuur en ’n vinnige soetsuur kondensmelk-mosterdsous.
Lede-resep
Gerookte Varknek rol met roerbraai rooikool
Gepubliseer
Min dinge klop die geur van 'n stadig gaar varknekrol wat ure lank oor sagte kole prut. Wanneer die vleis uiteindelik so sag is dat dit sommer met…
Gratis
Mebos
Gepubliseer
As ek aan my kindertyd dink, ruik ek sommer weer die sonwarm appelkoosboord en sien ek my ma se hande wat hope mebos rol. Ek is seker my…
Lede-resep
Karamel maak jou eie!
Gepubliseer
Daar is min geure wat soveel nostalgie oproep soos romerige karamel. Hierdie vinnige weergawe gee jou dieselfde diep karamelgeur as tradisionele gekookte kondensmelk, maar binne 'n fraksie van…
Lede-resep
Karamel en Amarula roomtert
Gepubliseer
Party van die beste nageregte ontstaan uit slim kombuiskortpaaie! Ek is mal daaroor om my stoomdrukkoker en prutpot in my buitelugkombuis in te span, en hierdie is een…
Lede-resep
Gemarineerde Lende skyf slaai (Sirloin)
Gepubliseer
Een van die grootste geskenke wat jy vir jouself kan gee, is om Sondagaande 'n uur of twee af te staan vir die week se voorbereiding. Wanneer die…
Lede-resep
Pietersielie en knoffel room
Gepubliseer
As daar een kruie is wat altyd 'n plek in my tuin én kombuis sal hê, is dit die outydse krulblaar-pietersielie. Ons het as kinders altyd grappenderwys daarvan…
Lede-resep
Wortelkoek beskuit
Gepubliseer
Hierdie Wortelkoek Beskuit bring al die geure van 'n klassieke wortelkoek na jou beskuitblik. Die warm speserye, sagte treaclesuiker, geroosterde pekanneute en natuurlike soetheid van gedroogde vrugte maak…
Lede-resep
Gammon met Soet mosterd
Gepubliseer
Vir baie Suid-Afrikaners is 'n sappige gammon die middelpunt van die Kerstafel. Die geur van stadig gaar varkvleis, die gesels rondom die tafel en die herinneringe wat saam…