Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Gemmerstroop Lede-resep
Drinkgoed koudPreserveer

Gemmerstroop

Gepubliseer

Daar is min dinge wat so 'n spens laat glimlag soos 'n bottel tuisgemaakte gemmerstroop. Die geur is vars, pittig en verwarmend, perfek vir koeldrank, warm drankies, nageregte…

Droë Vrugterolle Lede-resep
DrogingPreserveer

Droë Vrugterolle

Gepubliseer

Min dinge is so bevredigend soos om vars seisoenvrugte in sagte, natuurlik soet vrugterolle te omskep. Sonder enige bygevoegde suiker, kleurmiddels of preserveermiddels kry jy 'n gesonde peuselhappie…

Sampioen Biltong Lede-resep
DrogingGroente

Sampioen Biltong

Gepubliseer

Wie sou kon dink dat 'n eenvoudige sampioen só oortuigend die tekstuur en eetervaring van biltong kan naboots? Hierdie Sampioen-"Biltong" is een van die resepte waarop ek besonder…

Wortel kaaskoek Lede-resep
Koeke

Wortel kaaskoek

Gepubliseer

Wanneer twee geliefde geregte ontmoet, gebeur daar iets besonders. Hierdie Wortelkoek-Kaaskoek kombineer die geurige speserye en sappigheid van 'n tradisionele wortelkoek met die fluweelsagte romerigheid van kaaskoek. Die…

Met trots ondersteun deur