Kop krappers soos wat om vir jou spruit in te pak vir Universiteit? Verdere studies en moet selfsorg? Ek het in 2019 my eerste Filistyn afgesien en gepak met alles en nog wat vir die koshuis. Ek het gedink ek het alle moontlike hoeke en draaie gedek en soos die tyd verloop het ook besef wat werk en wat werk nie. Ek het ook ʼn “onderhoud” met oudste gedoen en vir julle ʼn paar wenke saam gestel wat ek dink ouers moet weet.

Elektriese toerusting
1. Yskas met groot genoeg vrieshokkie om met ʼn mater spasie te deel. Kyk na diep laaie of rak spasie. Die yskaste in die winkels lyk groot van buite, maar ergonomies swak ontwerp. Maak seker ʼn melkbottel en n brood sal in pas sonder om die heeltyd uit te val.

2. Stofie: gas word nie in koshuise toegelaat weens veiligheid en lekkende gas. Induksie plate is ʼn veiliger opsie en Snappy chef het juis so ʼn klein plaatjie wat ook geskik is vir kampeer. My seun se koshuis het geen verhittings toestelle in die kombuis. Basies net plek om plaatjies ens in te prop en ʼn wasbak. Induksie plate is dadelik koel genoeg om geskuif en gestoor te word. My kind se eerste elektriese plaatjie is gesteel omdat hy dit buite gelaat het om af te koel. So die kleiner Snappy plaatjie is verseker ʼn groot aanwins en belegging.

3. Mikrogolf: groot moet vir ontdooi en vinnig pap maak. Ek sal vir julle mikrogolf makliker resepte links ook aanheg.

4. Airfryer: hierdie toestel is tans ʼn groot modegier by die kinders en dit spaar nogal baie tyd en help ook om gesonder kos soos skyfies en vleis te maak sonder die oorbodige olies. Hulle bak selfs koek ens daarin.

5. Ketel en roosterbrood maker: let wel die toaster is perfek vir vissies gaarmaak het ek gehoor! Wou my dood lag…maar ja! Selfs die strykyster was al in gespan toe die toaster breek.

6. Kombinasie oond en plaat: Dit neem ongelukkig baie spasie in die kamers op. Indien die kind later ʼn senior word en in ʼn enkel kamer woon kan dit wel werk.

7. Smoothie maker en sandwich press: my kind hou van ʼn skommel vir ontbyt en het self gespaar vir die kleinste Nutri bullet. Ek maak vir hom mengsels met protein poeier en gevriesde bessies. Hierdie is egter ʼn luukse item en kinders moet dit maar self aankoop om dit te waardeer.

My kind kom elke 4 weke huis toe, soms is dit langer voordat hy kom. Ek stuur elke tweede week per geleentheid vir hom vrieskas kos. Hy het ʼn begroting van R2000 per maand vir sy kampus ligte etes en privaat goedjies. Ek stuur hoof etes en dan ander peusel goedjies om die rande te rek en seker te maak hy kry gesonde kos in. My kind is lief vir slaaie en hy sal 1 x per week per geleentheid winkels toe gaan en dan vars groente en vrugte koop vir sy weeklikse spyskaart.

Vrieskas kos idees
Omdat die vrieskas spasie nie groot is vir die kinders het ek gevind om die kos in ziplock sakkies te sit en dan plat te vries op ʼn bakplaat om sodoende spasie te spaar in die vrieskas. Maak seker die pakkies word gemerk voor dit gevries word en datums is belangrik.

Kombuis veiligheid: Dit is verder belangrik om die kinders te leer hoe om voedsel te ontdooi. Hoe om oorskiet te hanteer en nie weer te verhit. Eet op wat jy verhit. Hier sal julle nog lekker lag, die kinders kan hulself sommer goed siek maak. Leer hul ook om na die verval datums op pakkies te kyk. Hoender niks langer as 5 dae in die yskas rou. My kind het homself amper in ʼn koma geëet met hoender wat 10 dae oud was. So, skryf dit maar vir hulle in ʼn epos en stuur die moets en moenies.

1. Hoender: hoender borsies word vooraf marineer en dan gaar gestoom in die drukpot. Heerlik sag en sappig. Drie borsies met ʼn gaar massa van 300g.

2. Rooivleis: minute steaks reeds gaar en verpak werk heerlik om vinnig in ʼn wrap met slaai te sit. Gaar maalvleis, frikkadelle, wors, patties, schnitzel alles kan vooraf gaar gemaak word en weer bevries word in perfekte porsies om alles op een slag te geniet.

3. Etes: bobotie, lasagne, mac ʼn cheese, quiches is ‘n wenner, pizza happies soos op webtuiste, hand pasteie bevrore en kan vinnig in die air fryer gebak word, herders pastei, paptert met braaivleis, skep uit elke aand wat julle eet net nog een porsie.

4. Stowe vleis geregte: lees asb die artikels op my webtuiste oor bros gebakte aartappels en hoe om te verseker die groente behou hul tekstuur ipv waterig word. Ek vries stowe geregte in sakkies sonder die stysel.

5. Stysel: Rys word net tot amper gaar gekook en dan afgespoel met koue water en verpak in 100 g porsies. Pasta word ook net tot al dente gekook en met olie besprinkel om nie vas te klou. Ek maak ook vir die kind ʼn bottel vol van my Witsous bere mengsel uit die Boerekos met ʼn Twist kookboek. Hy hou van kaas en daarom voeg ek voor af by die mengsel 2 k parmassaan kaas by. Hy kook net sy ketel en voeg water by die poeier en voila…witsous sonder klonte. Hierdie red die kind baie. Verder maak ek ook Cous-cous, quinoa (veral quinoa is ʼn volkome protein en gesond om te gebruik in slaaie vir ʼn alternatief tot stysel) hou lank versadig.

Ek hou die stysels apart sodat hy self kan besluit of hy ʼn macaroni en kaas wil eet en of hoender borsies wil sny met ʼn bietjie slaaisous, een of ander gaar stysel en groente by vir ʼn koue slaai.

Ek maak ook klaar ham en kaas asook hoender mayo broodjies reeds gebotter sodat hy net vinnig kan maak in die airfryer.

Wraps vat ook nie spasie en hy is gek oor dit. So hy maak ook baie gebruik van my roerbraai groente wat ek inpak.

Bros gebakte Aartappels en ander groente resep op die webtuiste is die kinders baie lief voor om te gebruik in die air fryer en in ʼn kits is die gesonde chippies gaar.

6. Groente gaar: groente soos vir roerbraai word vinnig net saam vooraf geroer braai tot net net sag. Daarna vries ek en druk plat en al die lug uit.

Pampoen koekies / spinasie souffle / groenbone gereg / vries in kolwyntjie panne of druk in sakkies plat.

Groente rou: slaaie wat lank hou (5 tot 7 dae rak lewe): BKT kookboek Blomkool en brokkoli slaai, webtuiste soetsuur kool, aartappel slaai, wortel slaai. Indien mengsel slaai ingepak word pak tamaties en groente wat souserig is onder en eindig met blare bo. Byvoorbeeld: Quinoa, botterskorsie en hoender slaai: Tamatie onder in, gebraaide uie en sampioene bo-op, daarna gaar quinoa, gaar gebakte botterskorsie en dan hoenderstukkies. Slaaisous kan met impuls seelaar in kleiner sakkies verpak en verseel word om saam in die dagsak vir klas gelaai te word. Pak maar plastiek vurkies en lepels in om weg te gooi asook vir die houertjies. Ek koop omgewingsvriendelike verpakking en verpak sy kos so vir die yskas deel.

7. Snoep goed: Energies stafies op die webtuiste, beskuit gepak met neute, sade vir konsentrasie, bestanddele vir ʼn smoothie, gesondheidsmuffins vries puik. Lang lewe melk is n groot nee in my huis maar het gevind die kinders gebruik min melk en koop dan die UHT melk aan. Bederfies soos tuis gebakte koekies en selfs ʼn klaar versierde kolwyntjie vries ook goed. Kaaskoekies in muffin pannetjies of kolwyntjie papiertjies gevries ontdooi perfek vir ‘n spesiale bederf. So ook my Sjokolade ganache tertjies op die webtuiste. Die Wortelkoek in my boek is perfekte “on the go” muffin happie of die 30 dae muffin resep op die webtuiste.

Ek droog vrugte in die gewone oond by 70 C vir 5 ure. Sny vrugte in 3 mm dik skywe en droog op silikoon velle. Ek pak my hele oond se rakke vol en droog dan die volgende met groot gemak en teen dieselfde tyd dan ook droog na 5 ure: appels, pere, mango, pynappel, kiwi. Hierdie word dan verpak in 30 g pakkies met neute en ook sade by.

Maak seker jy stuur water saam want sommige koshuise het nie waterpunte en dan drink die kinders munisipale water en glo my, hulle mae is nie gewoond aan die water en raak dan siek.

8. Sop: al my sop resepte op die webtuiste en my kookboek vries perfek en warm wonderlik op.

Pak ook in vir die noodhulp tassie: hoofpyn, diaree, naarheid, seer spiere, pleisters, antibakteriële room…jy kry die prentjie…asook latex handskoene as die kind iemand wil help. Die manne wat rugby wil speel…nuwe tokse en seer tone? Ma koop maar ʼn pakkie sanitere doekies (die dun soort) om die hakke en tone te verbind. Dit by my koshuis man-kind geleer. Lekker gegiggel, maar dit werk regtig!

Mag jou kind net die beste tyd geniet en lekker studeer.

Groete van een ouer aan ʼn ander! Indien jy nog idees het sit dit asb vir my by onder aan die comments deel van hierdie post. So kan ons ander ouers se lewens ook baie makliker maak!

Skakels na praktiese resepte: klik asb op die skakels hier onder.
Bros gebakte aartappels
Gebakte kool en spek gereg
https://annelienpienaar.co.za/2016/11/17/luukse-warm-sjokolade/

Slaai afdeling

Soet groente

Sout groente

Patee’s en smere

Soet gebak

Sop

Sout gebak

Spesiale diete
Stysel

Vleis