Hierdie drankie word vars gemaak en dadelik bedien. Geniet saam met Churros happies op die blog. Enige bak of Belgiese sjokolade kan gebruik word vir die drankie. Ek maak net vir spesiale tye soos in die winter op ‘n koue Sondagaand hierdie drankie en dan haal ek die Belgiese sjokolade uit, wat ek persent gekry het en deel dit so met my mense! Verder is dit ook heerlik op ‘n reënerige dag met die reuk van kaneel wat uitvars gebakte Churros trek.

 

90 g Belgiese sjokolade (wit, bruin of donker)
60 ml (4 e) witsuiker
250 ml (1 k) water
125 ml (½ k) kondensmelk
500 ml (2 k) kookmelk

Knippie sout
1 ml vanieljegeursel
125 ml room, styf geklits met 2 e strooisuiker

Hou melk warm in kastrol en in ‘n ander, plaas sjokolade, suiker, water en kondensmelk in ’n kastrol en laat liggies kook vir 2 minute.

Voeg die kokende melk, sout en vanielje by die sjokolade mengsel en verwyder van hitte.

Giet in warm koppies en spuit room op. Bedien dadelik met churros.

Hoeveelheid: 4 porsies