Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Roosblaar konfyt Lede-resep
KonfytPreserveer

Roosblaar konfyt

Gepubliseer

Rooskonfyt is een van daardie besonderse goedjies wat ’n gewone nagereg in iets sprokiesmooi kan verander. Hierdie resep gee jou die keuse tussen ’n loperige, stroperige eindproduk of…

Vinnige, gekookte versiersel Gratis
BakVersiersels

Vinnige, gekookte versiersel

Gepubliseer

Hierdie is een van daardie klassieke versiersels wat jy altyd in jou agtersak wil hê! Dit neem skaars 10 minute om te maak, hou sy vorm selfs in…

Boerejongens Lede-resep
KonfytPreserveer

Boerejongens

Gepubliseer

Boerejongens – die naam alleen laat mens al glimlag! Hierdie Nederlandse lekkerny van sappige druiwe wat stadig in brandewyn trek, het oor die jare ’n geliefde Suid-Afrikaanse kuierbederf…

Met trots ondersteun deur