Pekan en hoë vesel karringmelk beskuit
As jy van ’n goeie, stewige plaasbeskuit hou wat sommer ’n hele klomp lekker bestanddele in een happie saambring, is hierdie resep vir jou. Die kombinasie van melassesuiker, appel, karringmelk, semels, volgraanvlokkies, cranberries, klapper en pekanneute gee vir jou ’n beskuit wat heerlik geurig en vullend is.
Die geheim lê egter in die hantering van die deeg. Hierdie is ’n vinnige deeg wat met bakpoeier en koeksoda werk en daarom moet dit nie oorwerk word nie. Hoe meer jy die deeg meng, hoe meer gluten ontwikkel en hoe harder kan jou beskuit uiteindelik wees. Roer dus net totdat die bestanddele begin saambind – selfs al sien jy nog hier en daar ’n bietjie droë meel tussen die vlokkies.
Prep Tyd - 20 mins
Kook / Bak Tyd - 45 mins
Totale Tyd - 65 mins
Moeite - Maklik
Bergingopsie: Rakstoor
Oondtemperatuur: 180°C
Porsies - 50 stukkies portions
Wenke / Tips
Bestanddele / Ingredients
Hierdie resep is eksklusief vir lede
Sluit aan by Annelien Pienaar se aanlyn kosgemeenskap en kry vir 12 maande toegang tot hierdie resep en ’n uitgebreide versameling watertand-resepte, praktiese kookwenke en inspirasie.