Gepekelde rooi uie met klapper suiker

Hierdie soet-suur uiesmoor is ’n wonderlike manier om ’n eenvoudige maaltyd vinnig op te kikker. Die sagte rooi uie neem die geure van die asyn, suiker en speserye pragtig op en kan warm of koud bedien word. Maak sommer vooraf ’n botteltjie en bêre dit in die yskas vir wanneer jy ’n ekstra ietsie by ’n maaltyd nodig het.

Prep Tyd - 20 mins

Kook / Bak Tyd - 45 mins

Totale Tyd - 65 mins

Moeite - Maklik

Bergingopsie: Yskas stoor

Oondtemperatuur: n.v.t.

Porsies - 4 x 375 ml bottels portions

Wenke / Tips

Annelien se Wenke
Klappersuiker kan met bruin- of witsuiker vervang word indien dit is wat jy in die koskas het.
Hierdie uiesmoor is heerlik saam met hamburgers, boereworsrolle, pap en sous.
Gebruik dit in slaaie vir ’n ekstra soet-suur geur.
Die uiesmoor kan warm of koud bedien word. Dreineer die uie indien jy nie die sous saam met die gereg wil bedien nie.
Verpak die uiesmoor in skoon glasflessies en bêre dit altyd in die yskas.

Bestanddele / Ingredients

4 rooi uie, in ringe gesny
125 ml klappersuiker
5 ml sout
1,25 ml wonderpeper
250 ml rooiwynasyn
250 ml appelasyn

Instruksies / Instructions

Verhit die rooiwynasyn, appelasyn, klappersuiker, sout en wonderpeper saam in ’n kastrol. Bring die mengsel tot kookpunt en kook vir 2 minute oor matige hitte.
Giet die warm asynmengsel oor die gesnyde uie en bedek. Laat die uie vir 12 uur by kamertemperatuur staan sodat die geure goed kan ontwikkel.
Skep die uiesmoor daarna in skoon glasflessies en bêre in die yskas.
Bedien warm of koud en dreineer effens voor opdiening.