Welkom in Annelien se wêreld van kos
Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.
Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.
Leer, bak en kook met vertroue
Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.
Voedselkennis wat op groter skaal werk
Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.
Loer deur ons resepte
Lede-resep
Piesang- en Kondensmelk slaai
Gepubliseer
Hierdie romerige piesangslaai kombineer kondensmelk, room en mayonnaise met subtiele geure van mosterd, kaneel en neutmuskaat. Dit is ’n vinnige, nostalgiese bygereg vir braaivleis, koue tafels en familie-etes.
Lede-resep
Sjokolade-Karamel Mousse koek
Gepubliseer
Hierdie dekadente sjokolade-en-karamelmoussekoek bestaan uit sagte sjokoladekoeklae met afwisselende spirale van donker- en karamelsjokolademousse. Die mousse is lig, romerig en stewig genoeg om as ’n indrukwekkende koekvulsel gebruik…
Lede-resep
Aartappel en Uie sop
Gepubliseer
Hierdie romerige aartappel-en-uiesop kry sy besondere geur van stadig gesmoorde uie, selderysaad, neutmuskaat en ’n knippie borrie. Bedien dit stomend warm met varsgebakte Marokkaanse pidebrood vir ’n eenvoudige,…
Lede-resep
Marokkaanse broodjie (Pide)
Gepubliseer
Hierdie ryk, sagte platbrood word met olyfolie, botter en karringmelk berei en met nigellasaad afgerond. Die satynsagte deeg is maklik om te hanteer en die brood is heerlik…
Lede-resep
Gepekelde Suurlemoene vir die heel jaar
Gepubliseer
Verander vars suurlemoene met ’n eenvoudige soutproses in ’n geurige bestanddeel vir bredies, soppe en souse. Hierdie veelsydige sitrusvrugte kan ook afsonderlik gebruik word om hardnekkige vet en…
Lede-resep
Blomkool Basis Pizza met Tamatiesous basis
Gepubliseer
Hierdie glutenvrye blomkoolpizza kombineer ’n sagte, laekoolhidraat-pizzabasis met tuisgemaakte tamatiesous, geurige varkvleis, vars groente en gesmelte mozzarella. Die basis kan vooraf berei en gevries word vir ’n vinnige…
Lede-resep
Framboosasyn
Gepubliseer
Hierdie robynrooi framboos-asynstroop, ook bekend as ’n vrugteshrub, bied ’n heerlike balans tussen soet en suur. Gebruik dit in slaaisouse en marinades, skep dit oor roomys of meng…
Lede-resep
Bakkersmengsel Bierbroodjie met Kaings en Pikante rissie
Gepubliseer
Hierdie maklike bierbroodjie is ’n staatmaker vir elke braai- en kampnaweek. Pikante soetrissies, cheddar, uie en jou keuse van olywe of kaiings gee aan die klassieke brood ’n…
Lede-resep
Melkkos-Glutenvry
Gepubliseer
Wanneer die lus vir melkkos tref, maar daar nie koekmeel in die koskas is nie, kom sago tot die redding. Hierdie glutenvrye sagomelkkos is romerig, geurig en heerlik…
Lede-resep
Muesli en Granola: maak jou eie!
Gepubliseer
Hierdie tuisgemaakte granola is ’n koskasstaatmaker wat van geslag tot geslag oorgedra is. Geurig geroosterde hawervlokkies, sade, neute, botter en heuning word met ’n ruim verskeidenheid droëvrugte afgerond—heerlik…
Lede-resep
Boererate en Gemmer
Gepubliseer
’n Stomende koppie gemmertee bring heerlike vertroosting op ’n koue wintersdag. Vars gemmer, kookwater en ’n skeppie heuning vorm ’n eenvoudige drankie wat ’n droë of krapperige keel…
Lede-resep
Romerige Avokadopeer slaaisous
Gepubliseer
Hierdie romerige avokado-en-kruieslaaisous word binne enkele minute gemaak en is propvol vars geur. Gebruik dit as slaaisous, smeersel of doopsous vir groente, brood en peuselhappies.