Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Kumkwat heelstuk konfyt Lede-resep
Konfyt

Kumkwat heelstuk konfyt

Gepubliseer

Hierdie tradisionele heelkumkwatkonfyt lewer plomp, glansende vruggies in ’n geurige, jellieagtige stroop. Die resep kan ook vir mandaryne aangepas word en bevat al die oumawysheid oor pektien, suikerstroop…

Florentyntjies Lede-resep
BakKoekies (soet)

Florentyntjies

Gepubliseer

Hierdie klassieke Florentyntjies is dun, bros en propvol amandelvlokkies, glanskersies en sitrusskil. Rond dit met donker sjokolade af of bak dit in muffinholtes vir ’n effens dikker, sagter…

Karamel Pekantert Lede-resep
BakSoetterte

Karamel Pekantert

Gepubliseer

Hierdie ryk karamel-en-pekanneuttert het ’n sagte, jellieagtige gouestroopvulsel binne-in ’n bros botterkors. Geroosterde pekanneute en ’n skeppie styfgeklopte room maak dit ’n onweerstaanbare nagereg.

Gemmerstukke in Stroop Lede-resep
IngelêPreserveer

Gemmerstukke in Stroop

Gepubliseer

Hierdie tradisionele gemmerstukke in stroop verg geduld, maar beloon jou met sagte, helder en deurskynende gemmer vol gekonsentreerde geur. Gebruik dieselfde meerdaagse proses om ook heerlike versuikerde gemmer…

Skilferkors Lede-resep
BakSoetterte

Skilferkors

Gepubliseer

Hierdie maklike tuisgemaakte skilferkorsdeeg lewer pragtige, bros botterlagies vir soet én sout gebak. Die geheim lê in yskoue bestanddele, bevrore gerasperde botter en drie eenvoudige briefvoue.

Met trots ondersteun deur