Welkom in Annelien se wêreld van kos
Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.
Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.
Leer, bak en kook met vertroue
Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.
Voedselkennis wat op groter skaal werk
Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.
Loer deur ons resepte
Lede-resep
Bone Broth
Gepubliseer
Hierdie stadig gekookte beesbeenafreksel word met geroosterde bene, groente, kruie en ’n klein hoeveelheid appelasyn berei. Die lang gaarmaaktyd ontwikkel ’n diep vleisgeur en onttrek gelatien wat die…
Lede-resep
Vleis- en Groente Aftreksel
Gepubliseer
Aftreksel is die basis van menige geregte in die kombuis en deur jou eie te vervaardig sonder enige preserveermiddels en toegevoegde soute…kan dinge net lekkerder raak in elke…
Lede-resep
Suurlemoen Vlatert
Gepubliseer
Hierdie elegante suurlemoen-vlatert kombineer ’n bros, soet tertkors met ’n sygladde suurlemoenvulsel en ’n wolk van stabiele Italiaanse meringue. Die bolaag word met ’n gasvlam of onder die…
Lede-resep
Beet Marmerkoek
Gepubliseer
Elke sny van hierdie indrukwekkende marmer-rooifluweelkoek onthul ’n unieke kleurpatroon. Beetpuree of rooi voedselkleursel gee die koek sy diep kleur, terwyl ’n romerige maaskaas-en-jogurtsous die koek perfek afrond.
Lede-resep
Veelsydige Bakkersmengsel
Gepubliseer
Hou hierdie veelsydige Basiese Bakkersmengsel gereed in die yskas en jy is binne minute op pad na vars kaasskons, plaatkoekies of ’n bros pasteikors. Die mengsel word met…
Lede-resep
Blomkool en Brokkoli bredie
Gepubliseer
Boompies ala die Filistyne! As ek vra watter sout groente die ouens wil eet dan is dit of Groenboontjie bredie of Boompies. Hierdie is ook die groente van…
Lede-resep
Maalvleisrol
Gepubliseer
Hierdie sappige maalvleisrol versteek ’n geurige vulsel van spinasie, vars origanum en gesmelte cheddar. Dit is ’n bekostigbare gesinsmaaltyd wat warm bedien kan word, terwyl die koue oorskiet…
Lede-resep
Patat-streusel gebak
Gepubliseer
Oorskietpatats word met ’n romerige karamelsous en ’n bros pekan-, hawermout- en klapperkrummellaag in ’n onweerstaanbare bygereg of nagereg omskep.
Lede-resep
Gevulde Ham en Kaas broodjie
Gepubliseer
Hierdie geurige Strombolibrood word met ham, soetrissie en uie gevul en mildelik met cheddarkaas afgerond. Ideaal vir kosblikke, pieknieks, braaie en informele kuiers.
Lede-resep
Tuna mousse
Gepubliseer
Hierdie romerige tunamousse met roomkaas, agurkies, sprietuie en suurlemoen is ’n elegante, geurige happie vir onthaalborde, pieknieks en ligte maaltye.
Lede-resep
Turkse lekkergoed
Gepubliseer
Herleef kosbare kindertydherinneringe met tuisgemaakte Turkse lekkers in geurige rooswater- of vars suurlemoengeur, afgerond met ’n sagte versiersuikerlagie.
Lede-resep
Skandenawiese Rosette met Snackle yster
Gepubliseer
Hierdie bros Skandinawiese ystertjies word goudbruin gebraai en met versiersuiker bestrooi of in geurige naartjiekoeksisterstroop gedoop vir ’n heerlike Suid-Afrikaanse kinkel.