Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Pekan macaroons Lede-resep
BakFyn bakKoekies (soet)

Pekan macaroons

Gepubliseer

Hierdie heerlike klapperlose macaroon is bros aan die buitekant, sag en neuterig aan die binnekant en boonop glutenvry. Die resep kan met pekan- of amandelmeel gemaak word en…

Hoender Biryani Lede-resep
HoenderKook

Hoender Biryani

Gepubliseer

Biryani is een van daardie geregte waar elke laag ’n nuwe geur bring. Geurige basmati-rys, sagte hoender, speserye, saffraan en ’n skeut room word saam gebak totdat die…

Kruisement jellie Lede-resep
IngelêPreserveer

Kruisement jellie

Gepubliseer

Mentjellie – daardie helder, geurige jellie wat ’n skaapboud sommer ekstra spesiaal maak. Maklik om te kook, mooi om te bottel en ’n wonderlike tuisgemaakte geskenk uit die…

Suurlemoen botter Lede-resep
KookSmere

Suurlemoen botter

Gepubliseer

Twee bestanddele, een verhouding van 1:1 en ’n sous wat byna enigiets lekkerder maak! Hierdie suurlemoenbotter is ’n staatmaker in die Pienaar-kombuis – heerlik saam met vis, groente,…

Limoncello Lede-resep
Drinkgoed koudPreserveer

Limoncello

Gepubliseer

Warm somersdae vra vir ’n glas yskoue Limoncello! Hierdie klassieke Italiaanse suurlemoendrankie word gemaak deur die geurige olies uit suurlemoenskille stadig in vodka te trek en dit daarna…

Brood sous Lede-resep
KookSouse

Brood sous

Gepubliseer

Hierdie romerige broodkrummelsous is ’n klassieke, eenvoudige sous wat verrassend baie geur uit ’n paar gewone bestanddele haal. Die melk word eers met heel ui, naeltjies en lourierblaar…

Kaasballetjies Lede-resep
KookSmere

Kaasballetjies

Gepubliseer

’n Kosbare resep uit my Moeder se kombuis wat deur die jare ’n spesiale plek aan die kuier- en skemerkelkietafel gekry het. Hierdie klein Roquefort-kaasballetjies is ryk, sout…

Met trots ondersteun deur