Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Creme brulee Lede-resep
BakNagereg koud

Creme brulee

Gepubliseer

Crème Brûlée is die toonbeeld van eenvoudige elegansie. Onder die dun, bros karamellaag skuil 'n fluweelsagte gebakte vla wat letterlik in jou mond smelt. Hierdie klassieke Franse nagereg…

Halva Lede-resep
BakLekkergoed

Halva

Gepubliseer

Halva is een van daardie lekkernye wat jou met die eerste happie verras. Die bros, vlokkige tekstuur smelt amper soos fudge in die mond, terwyl die neutagtige geur…

Keto 3 in 1 ontbyt Lede-resep
KookOntbyt

Keto 3 in 1 ontbyt

Gepubliseer

Een resep wat in drie heerlike maaltye omskep kan word – dis mos slim kombuiswerk! Hierdie keto-vriendelike ontbytbasis is laag in koolhidrate, hoog in proteïene en gesonde vette,…

Marshmellow fluff Lede-resep
BakLekkergoedVulsels

Marshmellow fluff

Gepubliseer

Wanneer die somerson bak en jou koekversiersel begin smelt nog voordat die koek op die tafel kom, is hierdie my staatmaker! Hierdie heerlike stabiele meringue-versiersel is my “go-to”…

Keto sout beskuitjie Lede-resep
BakKetoKoekies (sout)

Keto sout beskuitjie

Gepubliseer

Wanneer die knaag-gogga byt en jy lus is vir ietsie lekker, is hierdie vinnige Keto- en laekoolhidraatkoekies net die ding. Met mozzarella, klappermeel en ’n paar eenvoudige geurmiddels…

Met trots ondersteun deur