Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Kweper lekkers Lede-resep
LekkergoedPreserveer

Kweper lekkers

Gepubliseer

Hierdie tradisionele kweperlekkers roep die mooiste kinderherinneringe op. Ek onthou nog hoe ons as kinders gehelp het om die sagte kwepermoes deur die sif te vryf – 'n…

Pasta Alfredo Lede-resep
HoenderKookPasta

Pasta Alfredo

Gepubliseer

Daar is iets besonders aan 'n eenvoudige Alfredo-sous wat vars pasta in 'n luukse maaltyd omskep. Die kombinasie van botter, room en vars Parmesaankaas vorm 'n syagtige sous…

Met trots ondersteun deur