Welkom in Annelien se wêreld van kos

Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.

Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.

Annelien Pienaar in haar kombuis
01 / VIR JOU KOMBUIS

Leer, bak en kook met vertroue

Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.

02 / VIR JOU BESIGHEID

Voedselkennis wat op groter skaal werk

Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.

Loer deur ons resepte

Herstel
881 resepte gevind · Nuutste eerste
Pret met Sherbit Lede-resep
BakLekkergoed

Pret met Sherbit

Gepubliseer

Wie onthou nog daardie lekker tintelende Sherbit wat jou mond laat bruis en almal laat lag het? Hierdie eenvoudige tuisgemaakte Sherbit bring sommer die kind in elkeen na…

Gingerbug Lede-resep
Drinkgoed koud

Gingerbug

Gepubliseer

Daar is iets besonders aan die ou wysheid van fermentasie. Lank voordat probiotika op winkelrakke verskyn het, het ons oumas reeds geweet hoe om natuurlike kultuurdrankies te maak…

Met trots ondersteun deur