Vinnig en maklike tapenade vir ‘n bruchetta platter. Ek gebruik hier die basiese Olyf tapenade resep in my Boerekos met ‘n Twist kookboek en voeg daarby fyn gesnipperde salami met ‘n skeutjie balsamiese asyn. Jy kan ook so bietjie roomkaas inbring vir ‘n meer smeerbare mengsel met ‘n romerige basis. Ek gee dus paar variasies op hierdie resep.
500 g ontpitte olywe, dreineer en fyn per mes gekap
150 g salami, fyn gekap per mes
¼ k spriet uie gekap
1 knoffel toontjie fyn gekap
¼ k balsamiese asyn
½ k roomkaas
Meng alles saam en bedien met sout koekies en as pasta sous, saam met sout muffins of selfs in die muffin se beslag in gemeng. Die opsies is eindeloos.
Hierdie Saad en neut gluten- en eiervrye koekie is heerlik saam met hierdie tapenade.
Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za, 2022-06-07
Hoeveelheid: 300-400 ml