Gebakte kaaskoek is ‘n wêreldbekende nagereg met ‘n geskiedenis wat honderde jare terug dateer. Alhoewel dit vandag met New York geassosieer word, het die oorsprong van hierdie romerige bederf sy wortels in antieke tye. Hier is my Nuwe kyk na die bekende NY Cheese cake!
Waar Kom Onvergeetlike NY Kaaskoek met ‘n Geheime Soet Lagie: ’n Stap-vir-Stap Resep vandaan?
Die eerste weergawes van kaaskoek kom uit antieke Griekeland, waar dit aan atlete tydens die Olimpiese Spele bedien is. Griekse geskiedkundiges noem ’n eenvoudige resep van gemengde kaas, heuning en meel wat gebak is om ’n energie belaaide gereg te skep. Mettertyd het die resep deur Romeine na Europa versprei en is dit in verskeie kulture aangepas.
In die moderne era het kaaskoek sy tuiste in Amerika gevind, waar immigrante verskillende weergawes van die nagereg saam gebring het. In die vroeë 1900’s het die ikoniese New York-styl kaaskoek ontstaan, bekend vir sy ryk tekstuur en gebruik van volvet roomkaas.
Wat Maak Gebakte Kaaskoek Uniek?
Wat gebakte kaaskoek so uniek maak, is die kombinasie van eenvoudige bestanddele soos roomkaas, suiker, eiers en ‘n kors van koekies (Tennis beskuitjies, Graham Crackers, Oreo koekies), wat stadig gebak word. Die bakproses gee die koek ’n digte, romerige tekstuur en ’n effens goudbruin bokant wat dit kenmerkend maak.
Variasies en Geure
Terwyl die klassieke kaaskoek ‘n neutrale, romerige smaak het, word dit dikwels aangepas met vrugte, sjokolade, karamel of suurroom-bolae. Verskillende kulture het ook hul eie variasies ontwikkel, van die ligter Duitse Käsekuchen tot die fluweelagtige Japanse kaaskoek.
Waarom Is Dit Gewild?
Gebakte kaaskoek is geliefd vir sy dekadente smaak en veelsydigheid. Dit kan as ‘n elegante nagereg vir spesiale geleenthede bedien word of as ‘n troos bederf tuis geniet word. Boonop verbeter die geur en tekstuur wanneer dit oor ‘n dag of twee in die yskas rus, wat dit ideaal maak vir vooruitbeplanning.
Kaaskoek bly ‘n tydlose klassieke dis wat oor generasies heen geniet word. Met elke hap bring dit die ryk geskiedenis en innovasie van die verlede na die tafel.
Hier is ’n paar lesse wat uit die Onvergeetlike NY Kaaskoek met ‘n Geheime Soet Lagie: ’n Stap-vir-Stap Resep afgelei kan word:
Die Kors Kan Ongelyk of Te Droog Wees
- ’n Kors wat te dik, ongelyk ingedruk, of te droog is, kan die kaaskoek se struktuur negatief beïnvloed.
- Les: Druk die kors egalig vas met die agterkant van ’n lepel of glas om ’n eenvormige dikte te verseker. Gebruik net genoeg gesmelte botter om die krummels aanmekaar te bind, maar nie pap te maak nie.
Klonte in die Roomkaas Mengsel
- Klonte roomkaas in die beslag lei tot ’n ongelyke tekstuur en onooglike voorkoms.
- Les: Gebruik kamertemperatuur roomkaas en eiers. Klits die roomkaas en suiker tot glad en donsig voordat ander bestanddele bygevoeg word.
Oormeng van die Beslag
- As die beslag oormeng word, kan dit te veel lug insluit, wat krake en ’n sponsagtige tekstuur veroorsaak.
- Les: Meng net tot die bestanddele saamgevoeg is. Gebruik stadige spoed en vermy oor-klop om ’n fluweelsagte tekstuur te behou.
Krake in die Kaaskoek
- Krake ontstaan as gevolg van oorbak, vinnige temperatuur veranderinge, of onvoldoende vog in die oond.
- Les: Bak die kaaskoek stadig op ’n lae temperatuur (150C) en gebruik ’n bak vol water in die oond om vog te behou. Laat die koek stadig afkoel deur die oonddeur op ’n skrefie oop te hou.
Te Los of Te stywe Tekstuur
- ’n Te los kaaskoek kan dui op onvoldoende baktyd, terwyl ’n rubberagtige tekstuur op oorbak dui.
- Les: Die middel van die kaaskoek moet net effens wieg wanneer dit klaar is. Leer om die regte gaarheid te herken deur met die pan te skuif.
Die Bolaag Kan Skei of Ongelyk Wees
- ’n Bolaag wat skei of kraak, kan die voorkoms en smaak van die kaaskoek beïnvloed.
- Les: Smeer die bolaag eweredig oor die warm kaaskoek en bak vir net ’n paar minute om dit te stel. Laat dit heeltemal afkoel voordat dit verkoel word.
Waterbad
- Hierdie tegniek van bak is ontsaglik belangrik omdat dit indirekte hitte gee. Eiers in die mengsel sal egalig bak en nie te warm word, wat dan sal voorkom dat die kaaskoek skif.
- Maak seker die waterbad word vroegtydig gedoen want die water moet warm wees in die pan waarin die gebak geplaas moet word. Volg die instruksies noukeurig.
Geduld Is Onontbeerlik
- As die kaaskoek te gou uit die yskas gesny word, kan die tekstuur nog nie heeltemal gestol wees nie.
- Les: Laat die kaaskoek oornag in die yskas rus. Dit verbeter nie net die tekstuur nie, maar ook die geur.
Met hierdie insigte kan jy kopkrappers vermy en verseker dat jou gebakte kaaskoek elke keer perfek is!
Die Resep
Kors vir die Onvergeetlike NY Kaaskoek met ‘n Geheime Soet Lagie: ’n Stap-vir-Stap Resep
- 1 1/4 koppie Tennis beskuitjies/ Graham crackers/ Gemmerkoekies/ Oreo koekies/Nutti crust fyn gemaal
- 1 eetlepel strooisuiker
- 6 e botter gesmelt
Koek vir die Onvergeetlike NY Kaaskoek met ‘n Geheime Soet Lagie: ’n Stap-vir-Stap Resep
- 1.3 kg volvet roomkaas, kamer temperatuur en sag gemaak
- 300 g (1 ½ k) witsuiker1½
- 15 ml (1 e) vanielje geursel of geursel van keuse
- 3 large eiers kamer temperatuur
- 2 large eiergele kamer temperatuur
Wenk: Jy kan hier as jy van suurlemoen hou 2 e se gerasperde suurlemoenskil inwerk en 4 e suurlemoensap
Bolaag vir die Onvergeetlike NY Kaaskoek met ‘n Geheime Soet Lagie: ’n Stap-vir-Stap Resep
- 1 1/2 k volvet suurroom
- 15 ml (1 e) strooisuiker
- 10 ml (2 t) vanielje
Kors metode vir die Onvergeetlike NY Kaaskoek met ‘n Geheime Soet Lagie: ’n Stap-vir-Stap Resep
- Voorverhit die oond tot 180 C – berei ‘n 25 cm losboompan voor deur die binnekant met ‘n kleefwerende baksproei of pansmeer te gebruik voor te bereite spuit en plaas ‘n bakkerspapier-sirkel onder in.
- Meng al die korsbestanddele en gooi liggies met vurk tot goed gemeng.
- Druk stewig in die bodem vas.
- Bak op die onderste rak tot bros en goudbruin, omtrent 10min.
- Laat afkoel.
- Verminder oond temperatuur tot 150C en plaas ‘n oondpan vol warm water op die middelste rak om vog te skep (los dit in terwyl jy verder aan die resep werk). Die koek gaan ook bak in hierdie water.
Koek metode vir die Onvergeetlike NY Kaaskoek met ‘n Geheime Soet Lagie: ’n Stap-vir-Stap Resep
- Klits met ‘n elektriese menger die roomkaas eers goed totdat dit super glad is, geen stukkies sigbaar, dit sal spikkels in die gaar produk maak wat nie mooi vertoon. Voeg dan die suiker en vanielje by en klits op matige spoed totdat die beslag lig en donsig, sowat 30-60 sek.
- Skraap die bak se kante skoon, klits nog 45 sek. – maak seker dit is glad sonder stukke.
- Klits die eiers en gele liggies saam en voeg by roomkaas mengsel.
- Meng op lae spoed totdat al die bestanddele ingewerk is en die beslag fluweelsag is, sowat 30 sek., skraap die bak en meng nog 10 sek. – MOENIE oor klop nie.
- Giet die vulsel oor die kors, bak op die middelste rak in die waterbad tot goudbruin, sowat 1 1/4 uur +.
- Wanneer jy die oond deur oop oopmaak en die pan skuif, sal die middel van die kaaskoek effens beweeg, maar nie te veel nie. Die kante moet egter ferm vertoon. Dit is die truuk om te leer, jy kan die eerste keer effens ondergaar maak (nie sleg nie) of effens oorgaar (goed) soos jy gewoond raak aan hierdie styl van bak.
- Net die middel 4-5 cm sal skud en nie soos sop, soos ‘n los jellie jigglers.
- Voeg dan die finale bolaag oor sonder om die koek uit die oond te haal.
- Skakel die oond af en maak die deur op ‘n skriefie (soos vir beskuit droog),oop en laat die koek afkoel. Verkoel dan oornag in die yskas, ontvorm en ja verkoeling help met struktuur en ook smaak vorming.
Bolaag metode vir die Onvergeetlike NY Kaaskoek met ‘n Geheime Soet Lagie: ’n Stap-vir-Stap Resep
- Meng al die bestanddele
- Gooi oor die warm koek en smeer die bolaag liggies
- Keer terug na oond vir 5 min koel heeltemal af en verkoel.Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2024
Hoeveelheid: 1 groot 25 cm ongeveer 10 cm hoog koek.
Of 24 groot kolwyntjie grootte kaaskoekies (baktyd 45 min ongeveer) en so 48 mini kaaskoekies (35 min ongeveer) baktyd bly dieselfde asb. Die kaaskoek bak ook pragtig in enige ander vorm…onthou die jiggle!
Dankie Annelien hierdie is n kosbare les…waardeer
Liewe Elsa, Groot plesier. Groete Annelien Pienaar
Dit lyk en klink heerlik. Ek kan dit al proe in my gedagtes lol. Verstaan ek reg? Die koek word nie in die pan water gebak nie? Pan water is onder die rakkie waarop die koek is. Baie dankie.
Die pan water kom op die middelste rakkie. Loer gou deur die teks. Die gebak word dan in die waterbad gebak omdat die water ‘n sagter hitte gee en die eiers nie kan skif as die beslag te warm word. Hoop dit maak sin. Groete Annelien Pienaar
Oeps, jammer hieroor. Weet nie hoe het ek dit misgekyk nie. Baie dankie vir jou tyd om my te antwoord x
Die koek word in die pan binne in die water gebak, dit geld vir die kolwyntjie en ook die mini groottes. Die sagte hitte voorkom skifting van eier omdat dit dalk te warm mag word. Groete Annelien
Annelien geld dieselfde as kolwyntjie pannetjies gebruik word nogsteeds in pan water? Baie dankie
Patricia, as jy die volledige artikel lees sal jy sien HOEKOM die waterbad krities is vir die stabiele bak sonder krake of skifting met die water bad so nodig is. Groete Annelien Pienaar
Lyk heerlik! Annelien, help asb met die Roomkaas. Watter soirt gebruik jy wat Volroom is?
Adel, dankie vir jou navraag. Jy kan die volgende resep gebruik om vir baie goedkoper jou eie roomkaas te vervaardig: https://annelienpienaar.co.za/heerlike-roomkaas-maak-jou-eie-op-n-koste-effektiewe-manier/
Groete Annelien Pienaar
Goeiemiddag, kan hierdie resep halveer word?
Beste Hazel, hierdie resep verdubbel en halveer perfek. Groete Annelien Pienaar
Baie dankie! Ek volg jou al jare op Facebook, het vandag ingeteken vir 12 maande subskripsie, ek is so opgewonde oor alles wat ek hier gaan leer.
Hazel, mag jy sommer heerlik Twist…kom spog asb op FB gereeld en tag my asb. Groete Annelien